Nóg oorskot kom huis toe
Afstammelinge van die slagoffers van die volksmoord van 1904 tot 1908 sê hulle is ter elfder ure ingelig oor die derde repatriasie van menslike oorskot van Duitsland af.
Catherine Sasman - Die Namibiese ambassade in Berlyn het die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ingelig dat die oorskot van 16 mense van Namibiese herkoms “gereed” is om na die land teruggebring te word tussen 2 en 9 Junie.
Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, sal die afvaardiging wat die skedels in Duitsland sal ontvang, lei.
Dit sal die derde keer wees dat Namibiese skedels van slagoffers van die Duits-koloniale volksmoord van 1904 tot 1908 na die land teruggebring gaan word en dit is weer eens in omstredenheid gehul.
Nama- en Ovaherero-groepe sê hulle is op die laaste nippertjie oor dié repatriasie ingelig en daarom is dit vir hulle bykans onmoontlik om betyds geld en selfs visums te bekom om die afvaardiging van die regering te vergesel.
Hanse-Himarwa het die groepe op 19 Mei van die repatriasie in kennis gestel en benadruk dat die Namibiese regering geen koste van diegene wat die afvaardiging wil vergesel, sal dra nie.
Die sekretaris van die Ovaherero Volksmoordstigting 1904 (OGF 1904), me. Utjiua Muinjangue, het gesê die groep gaan probeer om met Hanse-Himarwa te onderhandel vir die uitstel van die repatriasie sodat hulle fondse en Schenghen-visums vir die reis kan bekom.
Die voorsitter van die Nama Tegniese Komitee op Volksmoord, me. Ida Hoffmann, het egter gesê dié groep gaan nie op die laaste oomblik rondskarrel om geld vir die reis in te samel nie.
“My persoonlike gevoel is dat ons nie nou gaan rondspring om met die regering saam te loop nie. Dit is ons skedels en nou word ons agtergelaat,” het Hoffmann vies gesê.
Hoffmann het gesê dit was hoofman Dawid Fredericks en die oorlede Ovaherero-opperhoof, Kuaima Riruako, wat die geveg vir die erkenning van die volksmoord, sowel as vir die vergoeding daarvoor en die terugkeer van menslike oorskot en ander artefakte, “aangeroer” het.
“Die kabinet moes dit teen wil en dank aanvaar,” het Hoffmann gesê.
Sy het gesê nadat die parlement die mosie op die volksmoord in 2006 goedgekeur het, was dit nie die Namibiese regering nie, maar eerder groepe van die afstammelinge van die volksmoord se slagoffers wat die kwessie meëdoenloos nagestreef het.
“Die regering het nooit gedink ons sal soveel uithouvermoë hê om die kwessie deur te voer nie. Dit terwyl hulle vir 10 jaar geen belangstelling getoon het nie. Ek is daarom nie verbaas of geskok dat ons so laat in kennis gestel is nie,” het Hoffmann gesê.
Sy het gesê die Swapo-regering gee klaarblyklik nie om oor lewens wat in die volksmoord verloor is nie.
“Wat hierdie regering betref, is die enigste mense wat gesterf het diegene wat by Ongulumbashe, in die aanval op Cassinga en die FNB -bomontploffing (in 1988 op Oshakati) omgekom het,” het Hoffmann gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie