Nóg reën word voorspel
Die water loop vanaf die Tsauchab in die Suide tot Tsumeb.
Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters wat al hoe voller loop. Van Lüderitz en Swakopmund, tot Wlotzkasbaken en Hentiesbaai, het mense laat weet die wolke het daar ook ’n draai gemaak.
In die Suide het die Tsauchab sy nat pad deur die sand begin loop ná swaar reën in die omgewing, terwyl nog reën die volgende paar dae vir Sesriem en Sossusvlei voorspel word. Op die plaas Sandhof het die lelies – wat net ná goeie reën in die pan naby Maltahöhe hul verskyning maak – reeds begin kop uitsteek en behoort dit teen Sondag in volle blom te wees. Die lelies blom sowat vyf dae.
Die Namibiese weerkantoor voorspel dat wydverspreide donderbuie oor die binneland sal voortduur. Dit word deur die LandWater-weerblad op Facebook beaam wat verwys na voortgesette uitgebreide dekking van sentraal na noord, met ’n sterker westelike komponent en een wat suidwaarts “versnip”, aldus Landwater.
Op die Facebook-blad Reën in Namibia word onder meer Dordabis uitgesonder waar meer as 100 mm Dinsdag by NamibRose uitgesak het. Van die plase in die omgewing het tussen 55 mm en 80 mm uit hul reënmeters gegooi.
Die NamibRand Natuurreservaat het tussen 2 mm en 28 mm op verskeie plekke gemeet, terwyl ’n plaas naby Koës 31 mm ontvang het. Op Mariental is 22 mm gemeet, op die plaas Eheratengua Oos, 20 km suid van Kalkfeld, is die gronddamme vol nadat tussen 35 mm en 80 mm aangeteken is. Op Jakkalskop en Weltevrede ongeveer 40 km voor Aus op die Keetmanshoop/Lüderitz-pad het 63 mm geval, met die riviere wat sterk gevloei het.
Windhoek se hitte is goed gebreek met Erospark (40 mm), Academia (38 mm), Khomasdal (22 mm), Avis (28 mm), Suiderhof (28 mm) en Uitbreiding I (30 mm) tot Kleine Kuppe wat 28 mm ontvang het. Op Brakwater-Noord is 32 mm gemeet, op Elisenheim 20 mm, op Omeya 50 mm en 50 mm by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Plase rondom Rehoboth is ook papnat met Nagabib, 35 km oos van die dorp, wat tot 58 mm in die veld gemeet het, Geluk-Oos 50 mm en op Burgerhoek 52 mm. Op ’n plaas sowat 23 km buite die dorp op die Walvisbaai-pad het 40 mm in ’n uur en 15 minute geval. By Oanobdam is 50 mm gemeet.
Syfers vir Otjiwarongo wissel van 10 mm tot 15 mm, Omaruru tussen 6 mm en 12 mm, 20 km noord van Outjo is meer as 60 mm uitgegooi, op die Tsumeb/Oshivelo-pad 46 mm, 28 mm op die plaas Emilienhof in die Mieliedriehoek en op Tsumeb 16 mm.
Sowat 50 km suidwes van Usakos is 10 mm “op ’n baie droë” Villa Rosa gemeet, terwyl Hentiesbaai, Wlotskasbaken (4 mm), Lüderitz (4 mm) en die Rossmund-gholflandgoed buite Swakopmund 7 mm gemeet het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie