Nóg silwer vir die boogskutter
Franco Josea, graad 12-leerling, Berg-Op Akademie, Okahandja
Melany Erasmus, 'n leerling aan die Berg-Op-Akademie op Okahandja, het 'n silwer medalje by die NAPSO-Privaatskolenaweek gewen.
Dié naweek het van 30 Mei tot 2 Junie plaasgevind.
“Ek het in die senior meisies-kategorieë deelgeneem. Soos al die vorige kompetisies, was dit 'n aangename ervaring. Dit was lekker om my vriende van ander skole weer te sien en teen hulle te kompeteer,” het Melany gesê.
Dit was 'n groot prestasie en sy het haar staal as professionele boogskutter deeglik gewys.
“In graad 6 het ek van skool verander en besluit om nuwe sportaktiwiteite te probeer. Ek het op boogskiet besluit en sedertdien is dit my gunstelingsport,” het sy gesê.
Haar indrukwekkendste prestasie sedert sy begin boogskiet het, was toe sy tydens ’n kompetisie op Gobabis die prys vir die beste algehele vroulike boogskutter gewen het.
“Ek was ook die 'beste boogskutter van die bul se oog'.”
Melany is deel van die nasionale boogskietspan en sê dit is vir haar ’n groot eer.
“Dit motiveer my om te bly verbeter sodat ek my plek in die span kan behou,” het sy gesê.
“Ek doen dit tans om myself te geniet, maar ek sal graag eendag 'n wêreldklasboogskutter wil word.”
Volgens haar moet jong boogskutters positief bly.
“Wanneer jy ’n liefde het vir dit wat jy doen, sal jy sukses bereik. Jy moet egter onthou dat verloor deel van sport en deel van die lewe is en dat dit van jou 'n beter mededinger vir die volgende byeenkoms maak,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie