Nóg skenkings vir Dare to Care droogterampfonds
Die Dare to Care droogterampfonds se organiseerders het vanmiddag tydens ‘n perskonferensie bekendgemaak dat dit reeds ‘n 100 000 sakke veevoer sal kan subsideer nadat N$5,4 miljoen ingesamel is.
Tydens die geleentheid het Hentiesbaai se Lions-klub N$ 200 000 vir die fonds geskenk. Kia Motors het ook ‘n eerste N$ 4 000 aan die fonds oorhandig, nadat hulle beloof het om N$ 4 000 te skenk vir elke motor wat hulle verkoop.
Dié bedrag is egter nog net die helfte van die beoogde N$10 miljoen wat vir die fonds ingesamel moet word en die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Ryno van der Merwe het die hoop uitgespreek dat die res van Namibië inspireer sal word om ook ‘n bydrae te lewer.
Die veldtog om boere in die huidige droogte te help om voer meer bekostigbaar te bekom, word gesamentlik deur twee landbou-unies bestuur – die NLU asook die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU). Dit behels dat veevoer subsidieer word teen N$ 50 per sak.
NECFU se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het gesê die huidige droogte is ‘n nasionale krisis en dat elke bydrae help om ‘n groot verskil vir boere te maak.
Van der Merwe het bygevoeg hulle is aangenaam verras deur planne wat reeds beraam is en die pogings van individue, groepe, instansies en organisasies om geld vir die fonds in te samel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie