Nóg storms op pad
’n Satellietontleder waarsku beide Namibië en die Noord-Kaap moet op sommige plekke op vloede bedag wees.
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het nog ’n weerwaak vir vandag uitgereik vir swaar storms wat na verwagting van gisternag (Woensdagnag) af en ook vandag oor die Khomas-, Kavango, Otjozondjupa- en Omahekestreek kan voorkom.
Dit strook met die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto’s wetenskaplik ontleed en interpreteer, se voorspellings.
Hiervolgens gaan Namibië en die Noord-Kaap ’n “groot stoot” reën ervaar, wat “swaarvolumereën op plekke en by tye beteken”.
Volgens LandWater geld dié omstandighede ook volgende week.
“Daar kan nie genoeg beklemtoon word dat weertoeps se voorspelling vir reënvolumes op baie plekke aansienlik oortref sal word nie. Moenie oorgerus wees nie,” is gewaarsku.
“In veral Namibië sal mense op sekere plekke op oorstromings bedag moet wees. Veral die Hardapdam se opvangs móét daagliks dopgehou word,” het LandWater geskryf.
Dit omdat sterk en skielike neerslae kan voorkom.
Intussen het Facebook-gebruikers op “Reën in Namibia” verslag oor die afgelope Dinsdag se reënvalsyfers gelewer.
In die Schlip-gebied het iemand 90 mm reën gemeet, terwyl daar tussen Kalkrand en Maltahöhe 70 mm in ’n uur gemeet is. Die Visrivier het toe ook begin loop.
In Windhoek is tussen 2 en 22 mm reën gemeet, terwyl ’n inwoner van Brakwater-Noord 40 mm gemeet het. Op die plaas Heimat suidoos van Windhoek het dit 15 mm gereën, terwyl Rehoboth en Herbothsblick onderskeidelik 30 mm en 53 mm reën gehad het.
Op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is 21 mm gemeet. Op die kleinhoewes buite Okahandja is 16 mm gemeet, terwyl Summerdown 28 mm reën gehad het.
Op Otjiwarongo het dit 20 mm gereën, terwyl dit 11 mm tussen Tsumeb en Otavi gereën het. Die plaas Fairview in die Otavi-omgewing het 45 mm reën ontvang. Op die plaas Buschberg, 55 km suid van Etosha se Andersonhek, het dit 20 mm gereën, terwyl nog iemand gesê het Ongwediva het net 2 mm reën gehad.
By die Rainbow River Lodge by Divundu het dit 16 mm gereën, terwyl dit 17 mm sowat 25 km buite Gobabis op die Otjinenepad gereën het.
Sowat 42 mm se reën is buite Okahandja op die Karibibpad gemeet. Daar is ook 25 mm op Outjo gemeet, terwyl die plaas Klein Okapuka 46 mm reën ontvang het.
DAMME
Intussen het NamWater gisteroggend (Woensdag) laat weet beide die Von Bach- en Swakoppoortdam het ’n invloei van water gekry, terwyl die Hardapdam se vlakke onveranderd is.
Volgens NamWater se jongste damverslag was die Von Bachdam teen 08:00 gisteroggend reeds 50,1% vol, terwyl dit terselfdertyd 56,3 m³ water per sekonde gekry het.
Sedert die afgelope Maandag het dié dam reeds 3,241 Mm³ (miljoen kubieke meter) water gekry en met 11,3% gelig.
Die Swakoppoortdam het sedert Maandag van 4,8% na 5,6% gelig nadat 0,525 m³ water dit binnegevloei het. Teen gisteroggend 08:00 het dit nog sowat 3 m³ water per sekonde bygekry.
RIVIERE
Intussen het die Hidrologiese Dienste van Namibië in hul vloedverslag Dinsdagmiddag gesê satelliete toon goeie reënneerslae het oor die noordsentrale, verre noordoostelike, asook die oostelike dele van die land voorgekom.
Daar is weer gewaarsku dat die Kunenerivier by Ruacana tans steeds baie sterk vloei – teen 1 823,50 m³ per sekonde, en dat die Caluequedam, wat stroomop geleë is, steeds vol is.
Die Okavangorivier se vlak by Rundu en Nkurenkuru was steeds besig om te styg en het op onderskeidelik 6,72 m en 4,24 m gestaan.
Die rivier se vlak by Rundu is bonormaal en hoër as in die afgelope vier jaar.
Die Zambezirivier het ook steeds geleidelik by Katima Mulilo gestyg en die 1,78 m-merk bereik.
Dit is egter ondernormaal vir dié rivier.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie