Nóg stropery op Rust se familieplaas
Vier beeste geslag terwyl hy in aanhouding is
Francoise Steynberg - Terwyl mnr. Kai Rust (44) steeds in aanhouding is en sy borgtogverhoor sloer, is beeste weer op die plaas Otukaruno No. 43 in die Okahandja-distrik onwettig geslag.
Rust se suster en bekende kunstenaar, Imke Rust, sê sedert haar broer van die begin van die jaar in aanhouding is, het hulle gereeld voorvalle van wildstropery op die plaas gehad. Dié keer is een bul en vier dragtige koeie tydens volmaan in die nag van 16 Oktober geslag.
“Die stropers het die beeste na ''n plek gejaag waar hulle dit maklik kon slag. Hulle het die drade teen die pad wat deur die plaas loop, geknip sodat hulle die vleis maklik met ''n voertuig kon oplaai,” het sy in ''n e-pos aan Republikein geskryf.
Volgens haar het werkers van die Paaie-owerheid (RA) wat besig is om die pad te skraap, Sondag aasvoëls gesien, asook die drade wat geknip is.
“Hulle het ondersoek ingestel en was so gaaf om ons te laat weet dat die beeste geslag is. Die werkers het ook ''n vuurmaakplek ''n ent verder weg gevind waar die stropers vermoedelik gewag het om opgelaai te word. Die vuur se as was nog warm.”
Imke meen stropery op hierdie skaal en in hierdie vorm is nie die optrede van ''n honger, arm persoon nie, “maar georganiseerde misdaad met iemand agter dit wat groot bestellings plaas”. ''n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het bevestig dat ''n klag van veediefstal van vier beeste Maandag deur die eienaar van die plaas, mnr. Burkart Rust (Kai se pa), by die Okahandja-polisiekantoor aanhangig gemaak is.
“Niemand is nog in dié verband in hegtenis geneem nie,” het Shikwambi gesê.
BORGTOGVERHOOR SLOER
Die borgtoguitspraak in die saak van mnr. Kai Rust wat aangekla is van moord ná die dood van ''n vermeende stroper, is verlede Vrydag deur landdros Masule Kwizi in die Okahandja-landdroshof uitgestel.
Die rede hiervoor was polisiebeamptes se versuim om Rust vroeër verlede week te neem na ''n dokter deur die staat aangewys sodat die landdros ''n tweede mening kon verkry in verband met Rust se mediese toestand. Hy is eers verlede Vrydag, die dag van die uitspraak, vir die ondersoek geneem.
In die derde borgtogaansoek in hierdie saak voer Rust se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, aan dat Rust op mediese gronde borgtog behoort te kry. Hy het hartprobleme in aanhouding ontwikkkel en ''n werklike risiko bestaan dat hy ''n hartaanval sal kry en nie betyds mediese hulp sal ontvang nie.
Rust het ook ''n spesiale dieet nodig. Die feit dat sy bejaarde vader nie alleen die plaas kan behartig nie, is ''n verdere pleit in sy borgtogaansoek.
Nadat die tweede doktersverslag teen 11:00 verlede Vrydag aan die hof beskikbaar gestel is, het die landdros besluit dat hy nie uitspraak kan lewer voordat ''n verdere mening van ''n hartspesialis verkry word nie.
Die uitspraak sal op 4 November gelewer word ten spyte daarvan dat die landdros onderneem het om dit te lewer voordat hy op 14 Oktober op studieverlof sou gaan.
Rust is steeds in aanhouding by die Okahandja-polisiekantoor nadat hy op 27 Januarie in verband met die dood van ''n vermeende wildstroper, mnr. Andreas Ukandanga, in hegtenis geneem is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie