Nu00f3g syfers wapper rooi vlag oor ekonomie
Nu00f3g syfers wapper rooi vlag oor ekonomie

Nóg syfers wapper rooi vlag oor ekonomie

Hanlie Stadler – Die ratte het in September in die motorhandel tot stilstand geknars.

Daar was – gemeet in huidige randwaarde – 0%-groei in verkope in dié sektor teenoor ’n jaar gelede, volgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag uitgereik het.

Op ’n kwartaalgrondslag – die maatstaf wat ook vir die berekening van ekonomiese groei as geheel gebruik word – het die motorhandel met slegs 0,1% gegroei.

Dié droewige syfers volg op kleinhandelverkoopsyfers wat Woensdag uitgereik is en op 0%-kwartaalgroei vir die derde kwartaal gemeet is.

Ekonome het met afgryse op dié syfers gereageer omdat dit die eerste aanduiding is dat die ekonomie in die derde kwartaal power gevaar het.

Moody’s verwag nou ekonomiese groei van slegs 0,7% vir die jaar en die tesourie selfs minder, 0,5%.

In die motorhandel meet SSA ses kategorieë, waarvan vier van jaar tot jaar gestyg het. Net die verkope van brandstof (-6,6%) en verkope by vulstasies se geriefswinkels (-0,6%) het gedaal.

Só het al ses kategorieë gevaar vergeleke met ’n jaar gelede:

· Verkope van nuwe motors: 1,4%

· Verkope van gebruikte motors: 3,8%

· Besteding by werkwinkels: 6,1%

· Verkope van motorbykomstighede: 4,9%

· Verkope van brandstof: -6,6%

· Verkope by vulstasies se geriefswinkels: -0,6%

Groothandel

Groothandelverkope was in September 3,9% laer as ’n jaar gelede. Dis die tweede opeenvolgende maand dat jaargroei negatief is.

Tussen Augustus en September het verkope met 1,8% gestyg, goeie nuus ná maandgroei van -7%, die grootste inkrimping in verkope nóg vanjaar.

Bes moontlik goeie nuus vir die ekonomie is dat verkope in die derde kwartaal 2,9% hoër was as in die tweede kwartaal. Dit beteken die groothandelsektor sal wel ’n stewige bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) lewer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!