Nóg uitbarstings op pad vir Guatemala
Nog vulkaniese uitbarstings word in Guatemala in Sentraal-Amerika gevrees nadat die dodetal tot meer as 75 gestyg het.
Byna 200 mense is as vermis aangemeld met die verwoestende uitbarsting van die vulkaan Fuego.
Die Insivumeh-stigting het verdere waarskuwings uitgestuur nadat die vulkaan Dinsdagaand weer uitgebars het en mense ontruim is.
Sondag is die sterkste uitbarsting in meer as 40 jaar teen die piek van die vulkaan waargeneem, met as wat oor 'n groot gebied uitgeskiet is en lawa wat na nabygeleë dorpe gevloei het.
Die Conred- nasionale rampagentskap sê 192 word vermis ná die naweek se ramp en die Inacif- forensiese agentskap het die dodetal van 72 tot 75 opgeskuif.
TOESTANDE 'UITERS KRITIEK'
Eddy Sánchez, direkteur van Insivumeh, sê toestande in die gebied is “uiters kritiek”.
Volcan de Fuego (“Vulkaan van Vuur” in Spaans) is een van verskeie aktiewe vulkane onder die 34 in dié Sentraal-Amerikaanse land.
Dit lê naby die Wêrelderfenisstad van Antigua, wat al talle groot uitbarstings deurgemaak het.
Sondag se uitbarsting het as en rook 10 km in die lug opgeskiet en duisende mense is na veiligheid gebring.
Die vulkaan het piroklastiese vloeistowwe gespu. Dit is 'n mengsel van as, klip en vulkaniese gasse wat gevaarliker as lawa kan wees, berig CNN.
Piroklastiese vloeistowwe kan teen honderde kilometer per uur by 'n vulkaan afvloei.
Dorpe is in geheel deur die dik swaar as verswelg wat ook die paaie in die gebied onbegaanbaar maak.
Die stomende puin bemoeilik reddingswerk en die hitte was so intens dat die sole van sommige brandbestryders se stewels afgeskeur het.
“Daar is so te sê geen huise oor nie, en buiten die reddingswerkers is daar vermoedelik ook nie meer mense daar nie,” sê Diego Ibarguen, 'n brandweerman.
Die internasionale lughawe is gesluit en as het oor koffieplantasies van duisende hektaar neergesif. Guatemala hou tans 'n amptelike routyd van drie dae. Amptenare meen nog uitbarstings is wel moontlik.
Die meeste van die slagoffers is van die stad Hunapu.
Minstens 15 mense is in hospitale opgeneem, onder wie 12 kinders. Sommige het ernstige brandwonde opgedoen. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie