Nu00f3g uitbrekings van bek-en-klouseer
Nu00f3g uitbrekings van bek-en-klouseer

Nóg uitbrekings van bek-en-klouseer

Elvira Hattingh
Bek-en-klouseer het nou ook in die Kavango-Wesstreek uitgebreek, terwyl die vorige uitbreking van 6 Oktober in die Kavango-Oosstreek nou ook na die Shighuru-nedersetting in die Mashare-kiesafdeling versprei het.

Dit het aanvanklik in die Kavango-Oosstreek se Hoha-nedersetting in die Ndiyona-kiesafdeling begin.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het bevestig dat op 27 Oktober vasgestel is dat dit ook in die Kavango-Wesstreek se Sivara-nedersetting in die Kapako-kiesafdeling uitgebreek het. Die nedersetting is sowat 50 km wes van Rundu geleë en 13 uit die kudde van 31 beeste het tekens van die siekte getoon.

Die ministerie het al die gebiede as besmet met bek-en-klouseer verklaar, wat beteken sekere maatreëls teen die verspreiding van die siekte geld tans vir dié gebiede.

Dit sluit in die opskorting van die beweging van alle lewende vee met gesplete hoewe in, uit of binne die streek en alle vervoerpermitte word opgeskort. Terselfdertyd mag kommoditeite wat die siekte kan versprei, soos rou vleis, melk, velle, trofeë en plantmateriaal ook nie in en uit die streek vervoer word nie en is verskeie padblokkades opgerig.

Diere mag wel vir verslagtingdoeleindes in die streek ingeneem word, mits hulle binne 72 uur ná hul aankoms geslag word en onder die toesig van veeartsenybeamptes is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer