Nghiwete veg teen NSFAF-afdanking
Nghiwete veg teen NSFAF-afdanking

Nghiwete veg teen NSFAF-afdanking

Augetto Graig
Catherine Sasman - In ’n dringende aansoek deur die voormalige uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), me. Hilya Nghiwete, in die hoërhof in Windhoek, dring sy daarop aan haar afdanking word omgekeer totdat dissiplinêre stappe teen haar voltooi is.

Sy is afgedank na sy glo verskeie dissiplinêre verhore nie bygewoon het nie.

Nghiwete sê in ’n verklaring tydens haar afdanking op 7 Februarie het sy sielkundig en geestelik in nood verkeer en sy het mediese behandeling ontvang.

Volgens haar moes die dissiplinêre verhoor op 12 Maart, met haar terugkoms by die werk, voortgaan.

Nghiwete is op 16 April 2018 geskors.

Sy beweer dié besluit is deur ’n raad geneem wat wederregtelik deur die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, saamgestel is.

Nghiwete sê die aanstelling van die raad en hul besluit om ’n dissiplinêre proses teen haar te begin, moet die hoërhof op 7 Mei 2020 uitsluitsel daaroor gee.

Volgens haar is die “gemene strategie” van die NSFAF om haar “onverwags en wederregtelik” af te dank, ’n strategie om die komende hoërhof-aansoek “betwisbaar en akademies” te maak, aangesien die raad “nie ’n goeie verdediging” het nie.

Sy beskuldig die NSFAF hulle het met die dissiplinêre proses gesloer en sê hulle moes nie oor die geldigheid van die siekverlofsertifikaat besluit nie, maar eerder die voorsitter van die dissiplinêre komitee, mnr. Clement Daniels.

Nghiwete sê sy sal onherstelbare finansiële skade ly as haar afdanking nie opgehef word nie.

Die NSFAF sê in hofstukke hy verstaan nie die dringendheid van die aansoek as gevolg van finansiële teëspoed soos Nghiwete beweer nie, ook nie die bewering van onregverdige of wederregtelik optrede nie.

Nghiwete het maandelikse uitgawes van N$53 763,82 geëis.

NSFAF sê Nghiwete verdien ’n netto salaris van sowat N$2 miljoen, ná aftrekkings.

NSFAF sê Nghiwete en haar regspan is met ’n kat-en-muis-spelery besig, wat die lang vertragings veroorsaak.

Volgens hulle is die dissiplinêre proses ses keer uitgestel, waarvan vyf keer op aandrang van Nghiwete was.

Sy was glo in ’n stadium vir drie maande op ’n “vae diagnose” van die “psigopatalogiese“ afgeboek, maar die diagnose is nie deur 'n mediese verslag vergesel nie.

Nghiwete het gedurende hierdie periode, in September 2019, ’n amptelike afvaardiging van adjunkpresident Nangolo Mbumba na Finland vergesel, terwyl sy beweer het sy kon nie haar dissiplinere verhoor bywoon nie.

Volgens NSFAF was die reis na Finland ’n oortreding van haar skorsingsvoorwaardes, en het dit agterdog laat ontstaan of sy gaan getuig of nie.

Regter Kobus Miller het uitspraak vir 25 Maart voorbehou.

Nghiwete word deur mnr. Sisa Namandje verteenwoordig, terwyl advokaat Geoffrey Dicks namens NSFAF optree. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!