NHE bou geen huise
Die onderneming het gesê die afgelope twee jaar is nie 'n enkele huis gebou nie, maar hulle werk aan 'n nuwe model hiervoor.
Catherine Sasman - President Hage Geingob word daarvan beskuldig dat hy die nasie “mislei” het toe hy in sy 2017-staatsrede gesê het meer as 5 000 huise is in die vorige finansiële jaar met die publiek se geld gebou.
Tydens die staatsrede in April het Geingob gespog dat 5 554 huise landswyd voltooi is in die eerste jaar sedert die implementering van die Harambee-welvaartsplan (HPP) in 2016.
Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), wie se maandaat dit is om bekostigbare behuising te bou, het egter erken nie 'n enkele nuwe huis is gebou sedert die vertrek van die beleërde voormalige hoofbeampte, mnr. Vinson Hailulu, in Augustus 2015 nie.
Volgens pres. Geingob se HPP sou 20 000 huise teen die einde van 2017 gebou wees, 27 000 erwe gediens wees en 50 000 toilette sou die emmerstelsel op die platteland vervang.
Mnr. Eric Libongani, NHE-woordvoerder, het Maandag bevestig die instansie het sedert Augustus 2015 “nie sy eie behuisingsmandaat” uitgevoer nie, en het erken die NHE het sedertdien geen nuwe behuisingsprojekte aangepak nie.
Libongani het egter gesê die NHE “werk aan 'n nuwe behuisingsprojekmodel deur Versoeke vir Voorstelle (RFP) waarin die NHE met maatskappye in die private sektor hande vat vir die finansiering en konstruksie van huise dwarsoor die land”.
Hy het gesê 54 bieërs het tot dusver voorleggings ingedien en die toekenning van die eerste fase van dié projek is reeds gedoen, wat volgens hom in 'n gevorderde stadium is.
Die NHE het verlede jaar aangekondig die RFP-model sou 5 000 huise teen 'n geskatte koste van N$2 miljard lewer. In daardie stadium het verskeie Chinese en ander maatskappye reeds gebie.
Libongani het gesê tydens die eerste fase van die projek beoog die NHE om meer as 400 huise beskikbaar te stel. Dit is nie duidelik wie die bieërs is nie.
Mense in NHE-binnekringe, wat anonimiteit verkies, sê hulle is verbitterd oor die stadige vordering met behuising en die feit dat die massabehuisingsprojek tot stilstand gekom het. Hulle sê die NHE het in Hailulu se tyd binne 10 tot 11 maande 3 500 huise as deel van dié projek gebou.
“As die projek reg gefinansier was en nie verpolitiseer is nie, sou die NHE dalk in 'n posisie gewees het om soveel as 20 000 huise te bou,” het een gesê en bygevoeg: “Afrika is die vyand van sy eie ontwikkeling. Ons heg meer waarde aan politiek as aan ekonomie.”
Die bronne erken wel die massabehuisingsprojek het “geboortepyne” gehad, maar gesê daar is nietemin 4 880 werkers aangestel wat 'n gemiddeld van ten minste N$4 000 per maand verdien het, wat beteken sowat 25 000 mense het direk daarby gebaat.
HUISE NIE TOEGEKEN
Daar word gesê die regering, en veral die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, faal in sy pogings om huise beskikbaar te maak wat die NHE voor die middel van 2015 gebou het.
Teen die einde van Julie vanjaar was 'n yslike 87% van huise, wat op skuld gekoop is, onbewoon, en net 31% van gesubsidieerde maatskaplike behuising was bewoon.
Pres. Geingob het in sy staatsrede hiervan melding gemaak toe hy daarop gewys het dat “sommige huise vir te lank onbeset is weens burokratiese rompslomp wat te doen het met die oordrag van grondeienaarskap”.
Geingob het toe genoem sy administrasie was besig om dié gevalle op te volg en met vennote te werk om die proses te versnel.
Dit is wat die president op 12 April gesê het, en op 24 April het sy kantoor 'n brief aan die NHE gestuur met 'n versoek om 'n plan van aksie op te stel en in te dien oor die huise wat onder die massabehuisingsprojek gebou is, maar nie toegeken is nie, asook oor die emmerstelsel.
Geingob het reeds in Januarie met die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, gepraat oor die huise wat nie toegeken is nie, waarop sy haar personeel ingelig het hulle moet die toekenning van huise bespoedig. Na wat verneem word, het die ministerie die NHE se rol in die toekenning van huise oorgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie