NHE gaan 50 huise op Okahao bou
NHE gaan 50 huise op Okahao bou

NHE gaan 50 huise op Okahao bou

Kenya Kambowe
Kenya Kambowe - Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) gaan 50 huise vir lae- en middelinkomstegroepe op Okahao in die Omusatistreek bou.

Dit is Vrydag tydens die sooispitseremonie op Okahao deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, aangekondig.

Mushelenga, wat die NHE vir hul uitstekende pogings geprys het om die behuisingsituasie in die land te takel, het ook opdrag gegee dat die maksimum pryse vir dié huise nie meer as N$500 000 oorskry nie.

“Die meerderheid van die mense in Namibië is van lae-inkomstegroepe en openbare en private ontwikkelaars moet daarna streef om bekostigbare huise aan hulle te voorsien,” het Mushelenga gesê.

Die huise sal na verwagting in Oktober voltooi wees.

Die NHE se uitvoerende hoof, mnr. Gisbertus Mukulu, het gesê die onderneming wil voortgaan om huise teen bekostigbare pryse te bou.

Mukulu het gesê die NHE se hoofdoel is om nie wins te maak nie, maar eerder om bekostigbare behuising aan hul kliënte te voorsien.

“Ons wil dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie, want as die huise wat ons bou te duur is, sal dit die doel kniehalter om gehalte en bekostigbare behuising aan ons mense te verskaf.

“Ek kan verseker dat die NHE nog altyd die mees bekostigbare huise in die mark voorsien het. Ons huise moet bekostigbaar wees, want dit is ons mandaat volgens die NHE-wet om aan die lae- en middelinkomstegroepe te voorsien," het Mukulu gesê.

Mukulu het egter gesê dit is moeilik om grond van plaaslike owerhede te kry om huise te bou.

“Dit is jammer dat ons sukkel om by sommige plaaslike owerhede grond te kry, wat 'n vereiste is voor ons oor enigiets anders kan praat,” het Mukulu gesê.

Tot dusver het die NHE 75 huise op Okahao gebou, waarvan 55 deur die massabehuisingsprojek gebou is.

Mushelenga het ook die Okahao- Tegniese Sakesentrum ingehuldig, wat die ontwikkeling van klein en medium ondernemings bevorder.

Dié sentrum, wat in twee fases ontwikkel is, kos sowat N$9,5 miljoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!