NHE-geskil oor toppos nog nie verby
Catherine Sasman - ’n Arbitrasieverhoor tussen mnr. Uazuva Kaumbi en die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) is vir 12 Julie bepaal nadat ’n aansoek by die arbeidshof misluk het om die aanstelling van mnr. Gisbertus Mukulu as die nuwe hoof van die semi-staatsinstelling te stop.
Kaumbi, die senior bestuurder van tegniese dienste en eiendomsbestuur van die NHE, het op 10 Junie ’n aansoek om ’n interdik by die hof ingedien en die saak is op 16 Junie verhoor.
Die saak spruit uit die nuwe direksie van die NHE en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se besluit dat interne personeel nie in aanmerking geneem gaan word vir die gesogte pos nie, omdat beide glo ná die brouwerk met die massa-behuisingskema vertroue in die NHE-bestuur verloor het.
Kaumbi het egter volgehou dat hy voldoende gekwalifiseerd en ervare vir die toppos is en het benadruk dat geen bewyse bestaan dat die ministerie vertroue in die huidige bestuur verloor het nie.
Hy het ook aangevoer dat Mukulu nie in die pos aangestel kan word alvorens sy arbeidsgeskil met die NHE oor die direksie se omstrede en eensydige besluit gefinaliseer is nie.
Ná die aansoek om die interdik misluk het, gaan die NHE met Mukulu se aanstelling met ingang van 1 Julie volstaan.
Kaumbi het Maandag gesê sy fut vir ’n geveg om die pos is nog nie uit nie en dat die saak by die arbeidskommissaris voortgaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie