NHRA bied Winter-resies aan
NHRA bied Winter-resies aan

NHRA bied Winter-resies aan

Perdesport
NAMPA
Die Namibiese Perderesiesvereniging (NHRA) bied komende Saterdag die tweede weergawe van sy MTC Winterbeker op Rehoboth aan.

Die heel eerste MTC Winterbeker-byeenkoms is verlede jaar op Okahandja aangebied.

Vanweë die huidige nasionale maatreëls teen die coronavirus sal geen toeskouers toegelaat word nie.

Die NHRA se president, mnr. Marthinus de Waal, het dié week op 'n nuuskonferensie gesê die byeenkoms gaan voort soos deur die NHRA beplan, nadat hulle goedkeuring van die Namibiese Sportkommissie verkry het.

“Perderesies tel as een van die toegelate niekontaksporte. Diegene wat aan die Winterbeker deelneem, moet geregistreerde lede van geaffilieerde klubs van die NHRA wees,” het hy gesê.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het 'n moratorium op kontaksportkodes in Namibië aangekondig wat vir die hele Junie­maand van krag is, op grond van die toename in die erns van Covid-19-gevalle landwyd.

De Waal sê vanweë hierdie instruksie het die NHRA besluit dat die hekke nie Saterdag vir enige toeskouers oop sal wees nie.

“Alle maatreëls word gevolg en oortreding sal nie geduld word nie. Ons het bystand van die Namibiese weermag versoek om ons by te staan indien dit gedurende die kompetisie nodig is,” het De Waal gesê.

Tydens Saterdag se resiese sal die jokkies en perde in 19 kategorieë meeding. MTC Namibia borg die byeenkoms met N$250 000.

– Nampa


FOTO
Mnr. Marthinus de Waal, president van die Namibiese Perderesiesvereniging. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!