NHU pak die toekoms onder nuwe president
Hokkie
Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het 'n voormalige kaptein van die nasionale manspan en bekende sakefiguur, mnr. Reagon Graig, as sy nuwe president verkies.
Graig se hokkieloopbaan het in 1989 tydens sy skooldae by St. Paul's Diocesan begin. Van daar af het hy Namibië in verskeie nasionale spanne as speler, afrigter en beampte verteenwoordig. Sy liefde vir die sport het oor drie dekades sterk gebly.
Graig is die opvolger vir wyle mnr. Marc Nel, die NHU-president wat onlangs dood is. Ter ere aan Nel, het Graig gesê, sal die tydige voltooiing van die nuwe astro-oppervlak by die Doc Jubberveld in Olympia een van sy vroeë prioriteite wees. Dié projek is jare gelede deur Nel begin.
Graig sê: “As NHU-president wil ek baie graag sien dat die spelers die middelpunt van die sport inneem en dat talent vanaf skolevlak tot in die senior nasionale spanne gekoester en ontwikkel word.
“Ons het groei nodig in die getalle ondersteuners, deur aktief 'n positiewe beeld van hokkie te bevorder en 'n pretgevulde familie-ervaring by wedstryde aan te bied. Om dit reg te kry, is dit belangrik dat hokkie goed geadministreer en bestuur word, asook dat faciliteite geskik is as 'n 'tuiste vir hokkie'.
“Deur die sakepotensiaal van hokkie te benut, kan ons die nodige finansiering verseker om ons ontwikkelingsprogram te ondersteun en die element van professionaliteit te versterk.”
Een van die eerste nasionale uitdagings onder Graig se leierskap is die uitnodiging aan die Namibiese o.21 manspan om na Suid-Afrika vir 'n toetsreeks teen dié land se o.21's mee te ding.
Die o.21-mans was veronderstel om vandeesmaand aan die Junior Afrika-beker in Windhoek mee te ding, wat egter vanweë die geldige maatreëls teen Covid-19 gekanselleer moes word.
In 2022 reis die nasionale binnenshuise vrouespan na België om in die Binnenshuise Wêreldbeker mee te ding. Beide die mans en vroue berei ook voor op hul aanslag op in die Afrika-veldhokkiekampioenskap in Ghana.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie