Nianell sing tuis
Verwelkom ’n Namibiër tuis!
Die bekroonde sangeres en platinumverkoper Nianell is op 17 Mei om 20:00 vir 'n konsert by die Warehouse-teater te sien.
Dié gebore Namibiër se stem strek gemaklik oor vier oktawe, terwyl sy haarself op die vleuelklavier en akoestiese kitaar begelei.
Sy skep haar eie musikale taal waar woorde soms onnodig is.
Nianell het al wêreldwyd sukses bereik.
Sedert die vrystelling van haar debuutalbum, Who Painted The Moon, in 2001, het baie van haar liedjies wêreldwyd op radiostasies beland. Sy het sedertdien voortgegaan om pragtige, inspirerende en suksesvolle albums te vervaardig, wat insluit die dubbele Sama-bekroonde Angel Tongue (2004), Life's Gift (2006), My Heart (2008), The Sprawling Sand & Water (2012) en haar versamelalbums 'n Duisend Drome - 'n Duisend Drome met die operakwartet Romanz in 2011.
Haar boek, Knowing Who I Am, word internasionaal deur Hay House Publishing gepubliseer en vlieg steeds van die rakke af.
Om haar boek te komplementeer, het Nianell 'n hartroerende motiveringspraatjie ontwikkel, getiteld "Knowing who I am", wat die gees van haar wysheid met die skoonheid van haar stem kombineer.
Op 17 Mei sal Nianell vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd in haar geboorteland optree.
Kaartjies is by EventsToday op www.eventstoday.com.na/PayToday/Airtime City-kiosks beskikbaar, of by die Warehouse-teater teen N$250. Die show begin om 20:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie