Nick en Naas dalk eers du00e1n terug op kassie
Nick en Naas dalk eers du00e1n terug op kassie

Nick en Naas dalk eers dán terug op kassie

Rugby
Tinus van Staden - Nick Mallett en Naas Botha sal waarskynlik eers in die middel van Julie terug in die SuperSport-ateljee in Randburg wees.

Clinton van der Berg, woordvoerder van SuperSport, het gister by navraag bevestig Mallett en Botha sal nie die komende naweek as ontleders optree wanneer die Superrugby-reeks ná die Junie-toetsperiode hervat nie.

Dié twee oud-Bokke was laas op 19 Mei op die kassie te sien tydens die omstrede Ashwin Willemse-voorval, waarin dié oud-Bokvleuel in 'n regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het nadat hy Mallett en Botha van neerhalende gedrag teenoor hom beskuldig het.

Dié voorval het 'n rasseherrie ontketen, maar 'n onafhanklike ondersoek wat die senior advokaat Vincent Maleka na die voorval gedoen het, het geen rassisme by Mallett en Botha gevind nie.

Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, het na dese aangekondig Mallett en Botha sal steeds as rugbyontleders vir dié uitsaaier werk.

Van der Berg het gister gesê die werkroosters by dié uitsaaier word lank voor elke betrokke naweek se sportgebeure opgestel.

“Hulle is nie vir die naweek bespreek nie. Die rooster is 'n geruimte tyd gelede reeds uitgewerk en hulle (Mallett en Botha) het boonop ander verpligtinge,” sê Van der Berg.

Van der Berg kon gister nog nie sê wie die naweek gaan werk nie.

Victor Matfield, Xola Ntshinga en Breyton Paulse het die fort in die SuperSport-ateljee gehou vir die laaste ronde van die Super-reeks voor die Junie-toetsvenster.

Matfield is egter met verlof, dus sal hy nie die naweek as ontleder optree nie.

Dis nog onduidelik wanneer Willemse terug op die kassie sal wees, indien hy enigsins weer as 'n ontleder gaan optree.

Nqobizitha Mlilo, Willemse se prokureur, het vroeër bevestig dat hulle die saak by die gelykheidshof gaan indien. Willemse was glo nie tevrede met die bevindings in Maleka se verslag nie en glo steeds die voorval is in rassisme gewortel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!