Nictus sê oor brand op Tsumeb
Die oorsaak van die brand by Nictus se tak op Tsumeb is nog nie vasgestel nie. Volgens 'n verklaring het die brand wat gister ontstaan het, beduidende skade aan eiendom en meubels veroorsaak. Die groothandelaar se uitvoerende hoof, mnr. Francois Wahl en Nictus se takbestuurder op Tsumeb, me. Babie Nel, het hul dank uitgespreek oor elkeen wat 'n rol gespeel het om die brand onder beheer te bring. Dit sluit in lede van die algemene publiek, die buurtwag, die Namibiese polisie, Dundee Precious Metals, Rubicon en die munisipale brandweer.
Die nodige reëlings is getref om so gou as moontlik met werksaamhede voort te gaan. Nictus het sy dank teenoor die publiek uitgespreek vir hul geduld. Die maatskappy het ook takke in Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en Ongwediva.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie