Nie net een, maar vier kameelperdspesies
Nie net een, maar vier kameelperdspesies

Nie net een, maar vier kameelperdspesies

Namibië betrokke by navorsing
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Reusedeurbraak is met kameelperdnavorsing gemaak met Namibië op die voorpunt.
Volgens 'n verslag wat in Current Biology gepubliseer is, het navorsers bevind dat kameelperde uit vier spesies bestaan en nie net een soos voorheen geglo is nie.
" Tot nog toe het wetenskaplikes en die wêreld net een enkele spesie van kameelperd erken wat uit verskeie subspesies bestaan," lui 'n mediaverklaring van die Kameelperdbewaring-stigting (GCF) wat in Namibië gebaseer is.
Sowat vyf jaar gelede het dr. Julian Fennessy van die GCF vir dr. Axel Janke, 'n genetikus by die Senckenberg Biodiversiteit- en Klimaatnavorsingsenstrum en Goethe Universiteit in Duitsland, genader om met genetiese toetse op kameelperde te help. Fennessy wou weet hoe na aan mekaar dieselfde (of nie) kameelperde is wat in verskillende dele van Afrika bly.
" Hy wou ook weet of verskuiwings van individuele kameelperde in die verlede met verskillende spesies of subspesies gemeng het en indien so, wat moet gedoen word met toekomstige verskuiwing van kameelperde na parke of ander beskermde gebiede?"
Janke is baie verras oor die bevindinge, want die morfologiese en velpatroonverskille van die kameelperde is beperk.
" Dit is ook aanvaar dat kameelperde dieselfde ekologiese vereistes het, maar niemand weet regtig nie, want wetenskaplike het min navorsing oor kameelperde in vergelyking met ander groot diere gedoen," het Janke gesê.
'n Navorsingspan onder leiding van Fennessy het in die nuwe studie velbiopsies van 190 kameelperde van die nege vorige erkende subspesies oral in Afrika gedoen. Die genetiese ontleding dui aan dat vier hoogs verskillende groepe kameelperde voorkom wat blykbaar ook nie met mekaar in die natuur paar nie.
Die vier spesies sluit in die noordelike kameelperde (Giraffa camelopardalis), die suidelike kameelperd (Giraffa giraffa), die gevlekte kameelperd (Giraffa reticulata) en die Masai-kameelperd (Giraffa tippelskirchi). Beide die suidelike en noordelike kameelperd het twee tot drie subspesies. Die suidelike kameelperd se subspesies is die Angolese kameelperd (G. g. angolensis) en die Suid-Afrikaanse kameelperd (G. g. giraffa). Die noordelike kameelperd se subspesies is die Kordofan-kameelperd (G. c. antiquorum), die Nubiese kameelperd (G. c. camelopardalis) en die Wes-Afrika-kameelperd (G. c. peralta). Laasgenoemde sluit die Nubiese kameelperd van Etiopië en Suid-Soedan in.
Kameelperdbevolkings het oor die afgelope drie dekades van sowat 150 000 tot 100 000 dramaties afgeneem.
Fennessy hoop dat die bewaringstatus van elk van hierdie vier spesies nou beter gedefinieer kan word en betyds tot die Rooilys gevoeg kan word.
Die studie is deur die staat van Hesse se LOEWE-program ondersteun, asook die Leibniz-vereniging, die GCF, die Leiden Bewaringstigting, die Auckland-dieretuin en verskeie regeringsvennote in Afrika en internasionale ondersteuners.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!