Nie net 'n titel
MARRIE WAGGIE SKRYF:
Op Saterdag 17 April 2021 is daar ’n groot geraas in die strate van Rehoboth. 'n Optog oor die Basterkapteinsverkiesing?
Die vraag wat by ’n mens opkom, is weet hierdie kandidate wat op hoë lorries ry, met meer geraas as enigiets anders, wat hulle doen?
Ek sou voorstel dat kandidate mense na die verskillende gebiede in Rehoboth nooi. Wys uit hoe dit huidiglik lyk en skep die prentjie van verandering, ’n prentjie van die betekenis van geskiedenis, die betekenis van ’n Basterkaptein.
Watter sin hoor of verstaan ’n mens uit ’n lopende voertuig? Die bietjie wat jy kon uitmaak, kom maar net weer neer op dieselfde as die politieke verkiesings se beloftes van gratis erwe en nog aalmoese.
Die gebiede waarna ek verwys, is plekke soos Kavukiland – shacks op shacks; een waterpunt waar die hele straat se mense kom water skep, met emmers op kruiwaens. Dit spreek van meer en meer agteruitgang; los drade in die grond soos mense krag van huis tot huis aanlê? Rêrig, ná dertig jaar.
Die persone wat nou as kandidate staan as Basterkaptein, waar was julle gesigte vir die laaste jaar?
Ek kan nog net praat van een Basterkaptein wat ’n verandering gebring het, Kaptein Hans Diergaardt. Dit wat ons die ou lokasie genoem het, is omskep in ordentlike baksteenhuise. Inwoners het kwalifiseer vir laekostebehuisingskemas en kon aan ordentlike huise kom.
Jy het belasting betaal en dan het jy ’n erf gekry. Daarna is jou rioolstelsel aangelê en was jy ook verantwoordelik vir die betaal van jou water, elektrisiteit en vir vullisverwydering.
Nou, omdat mense verkies wil word, dwing hulle die arme mens in meer swaarkry in net om op ’n hoë stoel te kom?
Alles wat verniet is, is ’n gemors.
Nee man, wat het geword van doen die ding reg, en dwing liewer respek en trots af, eerder as net ’n titel of ’n naam, kantoor of ’n kartoelae en dit vir die afgelope dertig jaar.
Alles-gratis laat ons mense op die straathoeke sit. Wat help die uitdeel van mieliemeel, blikkiesvis en kookolie, of een dag sop en 'n broodjie? Hoe lank eet ’n mens hieraan en is die honger gevul?
My pa het gesê leer die mens om die vis te vang, dan het hy vir altyd kos. Nou kan hy net opstaan en sy pakkie gaan afhaal, opstaan en ’n kruisie trek, ’n erf kry, met geen riool, water of elektrisiteit nie.
Die bome word afgekap in die Oanobrivierloop, elke liewe dag. Ons visie vir 2030 is op pad na ’n woestynlandskap, en Rehoboth sal eerste aardverwarming ervaar.
Sjoe, my hart pyn van swaarmoedigheid. Dertig jaar, dertig jaar en ons is net meer aan die ondergaan.
Ons jongmense betaal hulle vrek aan huur en daar is nie ’n ligpunt in die donker tonnel nie. Ander sit die straathoeke vol en in plaas van doen iets vat ons liewer die mieliemeelpakkie? Watse erfdeel is daar vir ons nuwe generasie?
Ek betwyfel of hul eens die werklike geskiedenis van die Basters ken, ons herkoms of identiteit. Hoe sal hulle nog verstaan om vir ’n kaptein te wil stem.
Wil nie eens praat van die sirkus in ons parlement nie. Watse voorbeeld stel dit vir ’n hele land? Dit bly deesdae net “order, order”! – lagwekkende grapjasse?
Eens ’n trotse Baster.
Kom ons fokus meer op ons geskiedenis en onderrig ons jongmense. Hulle moet die betekenis van ons erfenis en kultuur ervaar en verstaan. Bring saamstaan en eenheid weer uit die geskiedenis terug.
Los jul geraas en geskreeu in die strate en begin om die regte ding op die regte manier te doen. Bring die respek en die trots van ’n Basterkind terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie