Nie net voëls nie
Binnekort op die boekrak is Pompie Burger se jongste Birds of Nambwa, wat hy saam met sy vrou, Helga, vrystel.
Nambwa is ’n luukse safarikamp wat op die oewers van die Kwandorivier in die Zambezistreek geleë is. Dit is ’n paradys vir voëlkykers, met Pompie wat sê hy vermoed daar is selfs meer as sy lys van 440 spesies hier te sien. Maar hierdie boek gaan nie net oor voëls nie. Die sluit ook Helga se foto’s van bome, blomme en insekte in, asook die verhaal rondom Nambwa se ontwikkeling en die mense wat daarmee gehelp het.
Die kamp, wat deel is van die African Monarch-groep, het drie jaar gelede geopen en is in die hart van die Bwabwata Nasionale Park geleë. Volgens Pompie is hierdie boek ’n manier om hul liefde vir Nambwa te deel.
“Om oor iets so na aan jou hart te skryf, is eintlik moeilik, en kan ons nie werklik in woorde pen hoe ons oor die plek voel nie,” sê hy.
Aanvanklik was die idee om net ’n boek oor voëls wat hier voorkom, saam te stel, “maar nou het dit soveel meer geword,” sê Pompie.
“Die feit dat ons Helga se blomme, plante, insekte en diere ingesluit het, sal hopelik lesers die hele pakket wat hier is, laat waardeer.”
Pompie het die area aanvanklik in 1995 besoek, en toe hy hoor daar word ’n lodge beplan, was hy hartseer en bekommerd oor wat sou gebeur.
“Maar nou, as ek terugkyk, kan ek myself nie indink dat enigiemand anders as Dusty (die eienaar) ’n lodge so mooi en wat só goed inskakel, kon bou nie.”
Nambwa is ’n gesamentlike onderneming tussen Dusty Rodgers, ’n gesoute entrepreneur wat ’n passie daarvoor het om lodges in verafgeleë areas te bou, en die plaaslike Mayuni-bewaringsgebied.
Hy is in Wallis gebore en het in Zambië groot gewordvoor hy 25 jaar gelede Namibië toe getrek het. Sy lewensmaat, Tinolla Collins, is oorspronklik van Gobabis, en haar agtergrond is in die gasvryheidsbedryf. Saam het hulle van Nambwa die pragstuk gemaak wat dit vandag is.
Werk aan die lodge self het in Maart 2014 begin. Geen kontrakteurs of argitekte was betrokke nie – Dusty het die planne in sy kop gehad. Die uitleg daarvan en die boomhuis-konsep het ontwikkel toe Dusty elke boom in die area uitgeklim het om die hoogte van die hoofgebou en suites te bepaal, wat amptelik bevestig is toe ’n trop olifante in die kamp en onder die boom waarin Dusty was, geloop het.
Hierdie en ander stories oor die lodge, omgewing en mense, is ook in die boek ingesluit.
“Ek hoop om oor ’n paar jaar ’n update, of nog beter, ’n tweede boek oor die voëls van Nambwa te publiseer. Gelukkig het Dusty belowe dat sou hy moeg of te oud word, hy die lodge aan ons sal skenk as ’n klein gebaar van dank vir wat ons oor die jare vir hom gedoen het!” skerts Pompie.
Soos die uitgewer (Venture Publications) in die voorwoord sê: “Dit is deesdae raar om ’n skrywer met ’n werklik unieke stem te vind. Soveel boeke oor voëls fokus op die tegniese aspekte van ornitologie, maar Pompie het met sy unieke en spesiale manier van stories vertel ’n manier gevind om voëlkyk insiggewend en fassinerend te maak.
“Sy sin vir humor mag jou soms twee keer laat dink, maar dit is juis dít wat voëlkyk met Pompie ’n avontuur maak.”
Die verskillende voëls wat rondom Nambwa voorkom, is in 10 hoofstukke ingedeel. Elke byskrif sluit die betrokke voël se noemnaam en wetenskaplike naam in, waar dit in die area voorkom, sy dieët, klanke, interessanthede en kwinkslae oor die voëlsoort.
Birds of Nambwa word op 19 Desember by die Muschel bekend gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie