Nie vir sensitiewe lesers
'n Man wat nooit voorheen sy hand teen sy vrou gelig het nie, kan wél tot moord oorgaan. Selfs al is hy 85!
Die enigste verweer is om waaksaam en ingelig te wees. Dís waarom Schalk Schoombie se Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor 'n belangrike boek is.
In Suid-Afrika word drie vroue daagliks deur 'n gewese of huidige slaapkamermaat om die lewe gebring. Schoombie bespreek ook moord op swanger vroue, grusame moorde, huurmoord en gesinsmoord. Kenners reken juis dat Suid-Afrikaners weens hul eiesoortige frustrasies, waaronder misdaad, korrupsie en armoede, soos drukkokers is wat dreig om te ontplof.
Maar hoe kan mans so lank ná die begin van die vroueregtebeweging steeds hul vroue mishandel en vermoor? Daar is nie net een antwoord nie. Patriargie speel wel 'n belangrike rol.
Volgens die Anglo-Amerikaanse feministiese teorie kweek te min moederlike aandag, en spesifiek die afwesigheid van 'n band tussen moeder en seun, seksisme en “tradisionele manlikheid”.
Schoombie het werklike moorde nagevors, maar waarom word dié gedeeltes keer op keer as “gevallestudies” aangedui?
“Laci en Connor” handel tog duidelik oor dié betrokkenes. Daarby verskil die lettertipe wat volg.
Tussenkoppe, soos “Laci en Connor”, is ook nie prikkelend nie. “Fetus op strand gevind” of “Sy bokbaardjie was blond gekleur” sou treffender gewees het. Sommige hoofstukke kort inleidings. Waaroor handel dié een? wonder jy aanvanklik. As dit by niefiksie kom, behoort elke hoofstuk buitendien dieselfde formaat te hê. Sover moontlik.
Skrywers moet waak teen bespiegeling of die maak van afleidings.
Ten spyte van ander se menings, is OJ Simpson onskuldig aan moord bevind.
Maar op bl. 11 word dit as feit gestel dat dié voetbalheld sy gewese vrou Nicole en 'n vriend vermoor het.
Tot die dood ons skei bevat 'n magdom boeiende feite. Soos dat aggressie grotendeels aangeleer is en dat die gevaar van intieme vrouemoord op sy grootste is wanneer 'n vrou pas haar verhouding beëindig het of te kenne gegee het dat sy dit wil doen, of pas ná die egskeiding.
Schoombie se taalgebruik is goed. 'n Mens wonder net of die deursneeleser sal weet wat byvoorbeeld “inflagrante” (seksuele wangedrag) en “ekstrapolering” ('n projeksie op grond van beskikbare data) beteken. 'n Belangrike vraag word later beantwoord: Watter eienskappe het iemand wat sy vrou vermoor? Gevaartekens en 'n strategie vir oorlewing kom ook voor. Tot die dood ons skei is 'n verrykende leserervaring, maar beslis nie vir sensitiewe lesers nie. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie