Niemand is te spesiaal vir gulsige virus
Die feit dat die voorkoms van Covid-19-gevalle so snel aan die styg is, veral in die hoofstad asook in die Erongostreek, raak meer en meer kommerwekkend.
Ek kry die indruk dat vele mense nie die virus so ernstig opneem as wat hulle behoort te doen nie.
Miskien reken hulle hulle is te spesiaal om met hierdie onsigbare vyand te doen te kry.
Gevalle landswyd klim al hoe hoër, veral sedert die feesseisoen. ’n Mens kan opmerk hoedat vele inwoners, veral by die kus, nie meer aandag gee om te verseker dat hulle aan die voorsorgmaatreëls voldoen sodat die verdere verspreiding van die dodelike virus voorkom word nie.
Op die strande was daar vakansiegangers in getalle en min het sosiale afstand gehandhaaf.
Ek het hierdie ongeërgde houdings ook by vele kusbewoners gesien sover die dra van gesigmaskers betref. Sommiges dra dit omtrent nooit; ander sit dit net op as hulle ’n polisiebeampte sien nader kom.
Daar is steeds diegene wat herinner moet word dat wanneer jy met mense van buite jou huishouding in kontak is, ’n masker onder jou ken of wat nie jou neus bedek nie, dieselfde is as om geen masker te dra nie.
Met die aankoms van nuwe variante van die coronavirus in verskeie dele van die wêreld is dit kommerwekkend dat mense nie respek vir hul lewens en dié van ander toon nie.
Bykans oral is die tweede golf van Covid-19 voluit aan die kook.
Hierdie virus het al gewys dat dit nie diskrimineer of agting toon vir wie jy is nie. Bekende mense op elke terrein van die samelewing het al die virus opgedoen en gesterf – insluitend nasionale figure en beroemdes.
Of jy ryk of arm is, maak nie saak wat jou etnisiteit, velkleur of vlak van opvoeding is nie – jy is beslis nie te spesiaal om Covid-19 op te doen nie.
Die regering doen sy uiterste bes om sy landsburgers te beskerm deur maatreëls in te stel wat sal verseker dat hulle veilig bly.
Nogtans lyk dit asof soveel van ons mense nalatig is in die nakoming van regulasies. Hulle koester die wanopvatting dat die maatreëls daar is om hulle in die tronk te laat beland, terwyl dit doodeenvoudig afgedwing moet word om almal veilig te hou.
Elke landsburger is verantwoordelik vir jou gesin, jou huishouding en jou medemens se veiligheid deur die voorkomende maatreëls te volg. Dit is met ’n rede dat Covid-19 ’n wêreldwye pandemie is wat hoë sterftesyfers op elke vasteland veroorsaak het.
Laat elkeen seker maak ons dra ons maskers deurgaans en behoorlik. Monde en neuse moet bedek wees. Hou jou hande skoon met warm water en seep; moenie daarsonder aan jou gesig raak nie. Hou ’n veilige afstand (meer as ’n armlengte) en bly weg van groepe mense. Dink twee keer voordat jy reise aanpak en volg die ander riglyne wat deur die regering afgekondig is.
Op hierdie manier kan ons veilig bly tydens hierdie gevaarlike tye.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie