‘Niemand nog positief met Avisdam-moord verbind’

Die vermeende moordenaars van ’n sakeman van Avis is steeds op vrye voet.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Hoewel die polisie al verdagtes in verband met die moord verlede Dinsdagaand op mnr. Daniele Ferrari (52) by Avisdam ondervra het, is niemand tot dusver formeel in hegtenis geneem en van sy moord aangekla nie.

Komm. Joseph Shikongo, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het gister by navraag gesê “in hierdie stadium word niemand nog positief met die moord verbind nie”.

Intussen het die burgemeester van die dorp Castione della Presolana in Bergamo, Italië, waar die Ferrari-familie vandaan kom, die moord op Daniele betreur. Mnr. Angelo Migliorati het op Facebook sy meegevoel met Ferrari se suster, Gloria, sy ooms Mariangela en Tarcisio en sy neef, Matteo, betuig.

Ferrari was ’n elektrisiën, maar het die familie-onderneming, Central Electrics, ’n tyd gelede verkoop.

Volgens Migliorati werk die Italiaanse konsulaat met die polisie saam om die skuldiges vas te trek.

Ferrari is deur twee mans met ’n panga en mes aangeval toe hy Dinsdagaand oudergewoonte met sy honde by die dam gaan stap het. Hy het veelvuldige kap en snywonde opgedoen. Die mans het met sy selfoon op die vlug geslaan.

Me. Ulla von Holtz van die omgewingsorganisasie Greenspace, wat as Vriende van Avisdam na die bestuur van hierdie gewilde rekreasiegebied omsien, sê die inwoners van Avis het Saterdagmiddag by die perdestalle naby die dam met Shikongo en ander lede van die polisie oor hul misdaadkwellinge vergader.

Dit was ná die vergadering verlede week tussen Greenspace, lede van buurtwagte in Windhoek, die eienaar van Farm Windhoek, mnr. Peter van der Merwe, die streekraadslid vir Windhoek-Oos, me. Joyce Nangula Namuhuja, en die polisie oor die toename in misdaad in Windhoek.

Intussen het Ferrari se suster, Gloria, gister by navraag gesê inligting oor sy begrafnis sal bekend gemaak word sodra die reëlings gefinaliseer is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!