Nieu-Seeland verbied aanvalswapens
Nieu-Seeland verbied aanvalswapens

Nieu-Seeland verbied aanvalswapens

Premier Jacinda Ardern het haar stem dikgemaak ná die massaskietery.
Nieu-Seeland gaan voortaan die besit van militêre semi-outomatiese wapens en aanvalsgewere verbied ná die skietery in Christchurch.

Streng nuwe wetgewing is gister deur die premier, Jacinda Ardern, aangekondig.

Altesaam 50 mense is in die massaskietery dood toe 'n aanvaller by 'n moskee ingestorm en op aanbiddendes begin losbrand het.

Ardern het die aanval as 'n terreurdaad bestempel.

“Op 15 Maart het ons geskiedenis verander. En nou sal ons wapenwette ook. Ons stel strenger wetgewing bekend om ons land 'n veiliger plek te maak,” het sy op 'n nuuskonferensie gesê.

Die nuwe wetgewing sal na verwagting reeds teen 11 April van krag word en 'n terugkoopskema sal vir alle verbode wapens begin word.

Dié skema kan die land tot $138 miljoen kos.

Die Al Noor-moskee waar die skietery plaasgevind het, is gister voorberei om vandag weer besoekers te kan ontvang. Koeëlgate is toegestop, oorgeverf en skoongemaak.

Gewapende beamptes patrolleer steeds die gebied rondom die moskee.

Die polisie het nou al 50 slagoffers uitgeken.

Altesaam 29 beseerdes word steeds behandel, waarvan agt intensiewe sorg ontvang. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!