Nigerië: Buhari het talle uitdagings in 2de termyn
Buhari het 56% van die stemme op hom verenig teenoor Abubakar wat 41% van die stemme gekry het.
Die herverkose president van Nigerië het reeds ’n uitdagende doenlysie, waaronder die herstel van sy olieryke land se ekonomie ná die resessie van 2016.
Muhammadu Buhari is vir ’n tweede termyn tot president verkies, is Woensdag aangekondig.
Hy het die vernaamste opposisiekandidaat, Atiku Abubakar, verslaan in die verkiesing wat aanvanklik weens logistieke foute en geweldpleging vertraag is.
Buhari het 56% van die stemme op hom verenig teenoor Abubakar, ’n sakeman en voormalige adjunkpresident, wat 41% van die stemme gekry het.
Hy het 15,2 miljoen stemme teenoor Abubakar se 11,3 miljoen gekry. Die stempersentasie was 35,6% teenoor die 44% in die vorige presidentsverkiesing in 2015.
Nog ’n dringende taak wat op Buhari wag, is om ’n einde te maak aan die dekade lange Islamitiese opstand in die noordooste van die land, wat reeds die lewe van duisende burgerlikes geëis het.
Buhari het in sy toespraak in die verkiesingshoofkantoor van sy party, die All Progressive Congress (APC), in die hoofstad, Abuja, belowe dat hy iets aan hierdie kwessies sal doen.
“Die nuwe regering sal meer doen om veiligheid te verseker, die ekonomie te herstel en korrupsie te beveg,” het hy gesê.
Buhari het sy ondersteuners gevra om hulle nie in die opposisielede se nederlaag te verlekker of hulle te verkleineer nie.
Osita Chidoka, ’n verteenwoordiger van Abubakar se People’s Democratic Party (PDP), het gesê hulle aanvaar nie die verkiesingsuitslag nie en wil dit in die hof betwis.
Nigerië se ses dekades van onafhanklikheid is deur lang tye van militêre beheer, staatsgrepe en opvolgoorloë gekenmerk.
Waarnemers van die Economic Community of West African States, die Afrika-unie en die Verenigde Nasies het reeds die partye gevra om te wag met enige optredes totdat die finale en amptelike resultate later vandeesweek beskikbaar is.
Die wenkandidaat moet minstens ’n kwart van die stemme in twee derdes van Nigerië se 36 provinsies en die hoofstad, Abuja, kry, anders moet ’n volgende verkiesing gehou word.
GEWELDDADIGE VERKIESING
Ontleders het aanvanklik ’n moeilike verkiesing vir Buhari (76) verwag en beskou sy maklike oorwinning as ’n besonderse ommekeer.
Hy het kiesers belowe dat hy korrupsie sal beveg en Nigerië se treinnetwerk sal laat hersien.
Abubakar (72) het in sy verkiesingsveldtog gesê hy sal die ekonomie verdubbel teen 2025, die staat se oliemaatskappy privatiseer en die rol van die private sektor uitbrei.
Die verkiesing was deur geweld gekenmerk. Mense is dood in geweldpleging wat tussen die grootste politieke partye en die polisie oor die diefstal van stembusse en bewerings van verkiesingsbedrog uitgebreek het.
Meer as 260 mense het al gesterf sedert die verkiesingstryd in Oktober begin het. Dit is minder as in vorige verkiesings, maar die ergste geweldpleging was hierdie keer nadat die resultate aangekondig is.
Amerikaanse waarnemers meen dat die week lange vertraging van die verkiesing waarskynlik die kiesers se vertroue in die proses geknou het en tot ’n kleiner opkoms by die stembus gelei het.
Die Europese Unie het gesê daar was “ernstige operasionele tekortkominge” in die verkiesing.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie