Nigerië gee dalk skiet oor naira
Nigerië het besluit om die waarde van die naira – wat sedert Maart 2015 op tussen 197 en 199 naira per Amerikaanse dollar vasgepen word – te laat daal.
Godwin Emefiele, president van die Sentrale Bank van Nigerië, sê besonderhede van ’n “buigsame” wisselkoers-raamwerk sal binne die volgende paar dae bekend gemaak word.
Dit kan wees dat ’n tweeledige waardasie ingestel word, naamlik ’n swewende wisselkoers én ’n vasgestelde wisselkoers vir sommige invoerders.
Daar is ook sprake dat die streng beheer oor buitelandse valuta, wat beteken dat verskeie maatskappye – ook Suid-Afrikaanses – nie hul inkomste uit die land kan neem nie, dalk verslap gaan word.
Weens die beperking op buitelandse valuta kon fabrieke nie altyd die grondstowwe invoer wat hulle nodig gehad het nie, wat hul produksie laat luier het. Emefiele sê Amerikaanse dollars sal vir maatskappye beskikbaar gestel word wat “kritieke” grondstowwe invoer, terwyl ander buitelandse valuta op die vrye mark moet koop.
Die land, die grootste ekonomie in Afrika, staan soos Suid-Afrika op die rand van ’n resessie en ’n meer buigsame wisselkoers kan uitvoer aanhelp. Nigerië se ekonomie het in die eerste kwartaal van die jaar met 0,36% gekrimp weens die daling in die olieprys.
Pres. Muhammadu Buhari het tot dusver die vasgestelde wisselkoers verdedig. Ander olie-uitvoerders, onder meer Rusland en Colombia, het hul geldeenheid laat verswak toe die olieprys verswak het.
Nigerië wou ondernemings en verbruikers teen inflasie beskerm deur invoerprodukte goedkoper te hou. Dit het egter nie gewerk nie – inflasie was in April die hoogste in ses jaar op 13,7%.
Buitelandse beleggers het aandele en effekte verkoop omdat hulle bang was dat die geldeenheid uiteindelik sou daal.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie