• Tuisblad
  • Sake
  • Nigerië: MTN dalk oor méér geld ondersoek
Nigeriu00eb: MTN dalk oor mu00e9u00e9r geld ondersoek
Nigeriu00eb: MTN dalk oor mu00e9u00e9r geld ondersoek

Nigerië: MTN dalk oor méér geld ondersoek

Jo-Mare Duddy Booysen
MTN het dalk meer geld as die voorheen beweerde US$14 miljard onwettig uit Nigerië geneem, volgens Dino Melaye, ''n lid van die Nigeriese senaat.

“Ons het uit voorlopige ondersoeke (van internasionale forensiese kenners) besef dat dit eintlik skokkend hoër is as die bedrag wat ons aanvanklik vermoed het,” sê Melaye, wat die bewering oorspronklik gemaak het.

Rekenmeesters en prokureurs is ook betrokke by die ondersoek en hulle kyk na dokumente van so oud soos 16 jaar, sê senaatslid Rafiu Ibrahim, voorsitter van die senaatskomitee oor bankdienste, versekering en ander finansiële instellings, wat die ondersoek lei.

MTN en vier banke is versoek om gister ''n “ondersoekende verhoor” in Nigerië by te woon. Die banke is Stanbic IBTC Bank, Standard Chartered­ Bank, Citibank en Diamond Bank.

Okechukwu Elenemah, Nigerië se minister van handel, moet ook verskyn.

MTN en Elenemah ontken enige ongerymdhede.

Daar is in September beweer MTN het die geld sedert 2006 oor ''n tydperk van tien jaar uit Nigerië “gerepatrieer”.

Die banke was na bewering by die skuif van die geld betrokke en volgens die mosie in die senaat was Elenemah onder diegene wat MTN glo “gebruik het” om die geld te skuif.

Die jongste bewerings kom skaars drie maande nadat MTN ná byna agt maande se onderhandelings met die Nigeriese owerhede ooreengekom het om ''n boete van US$1 miljard te betaal en op die land se beurs te noteer omdat hy nie betyds die SIM-kaarte van miljoene ongeregistreerde selfoongebruikers geblokkeer het nie.

- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!