Nigerië se dubbele pyn
Francois Williams
Die dubbele pyn van oliepryse onder US$50 per vat en die devaluering van die Nigeriese geldeenheid, die naira, teen die Amerikaanse dollar, is duidelik te sien in die halfjaarresultate van die Nigeriese energiemaatskappy Oando, wat ook op die JSE genoteer is.
Oando se bruto wins was in die halfjaar tot Junie 23% laer op 19 miljard naira (R836 miljoen). Sy nabelaste verlies het wel met 23% gekrimp tot 27 miljard naira.
Wale Tinubu, uitvoerende hoof, sê hulle is ook geraak deur die bedryfsuitdagings in die Niger-delta waar hul daaglikse produksievolumes van ruolie met 25% tot 45 000 vate per dag gekrimp het vergeleke met 56 000 vate ’n jaar gelede.
Militante groepe terroriseer tans olie-aanlegte en pypleidings in die Niger-delta, want hulle dring aan die plaaslike gemeenskappe moet meer deel in die oliewelvaart.
Boonop het die Nigeriese sentrale bank die naira in die tweede kwartaal gedevalueer van ’n gemiddelde 199 naira teen die dollar tot bo 280 naira teen die dollar, wat tot valutaverliese gely het vir Oando se dollar-verpligtinge.
Tinubu sê dollar-likiditeit in Nigerië het verbeter, en Oando het die risiko van valutawisselings beperk deur ’n aansienlike deel van hul dollar-gedenomineerde verpligtinge na naira om te skakel.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie