Nigerië se president perdfris, sê adjunk
Nigerië se afwesige president sal binnekort terugkeer huis toe, is Maandag gesê midde toenemende onrustigheid oor sy gesondheid wat tot betogings gelei het.
Pres. Muhammadu Buhari is sedert die middel van Januarie in Brittanje vir ongespesifiseerde mediese toetse en baie Nigeriërs vermoed sy gesondheid is swakker as wat regeringsamptenare wil erken.
Honderde mense het Maandag in Lagos se strate betoog en gevra vir 'n verandering van regering, in 'n rare vertoon van openbare verset wat kommer oor Buhari se afwesigheid en 'n sukkelende ekonomie weerspieël.
Sommiges vrees 'n herhaling van die onstuimige drie maande in 2010 toe die destydse president, Umaru Yar'Adua, se siekte in geheimhouding gehul is voordat hy dood is en visepresident Goodluck Jonathan ingehuldig is.
Die huidige visepresident, Yemi Osinbajo, wat in Buhari se afwesigheid as staatshoof waarneem, het Maandag aan verslaggewers in Abuja gesê die president is “perdfris”.
Buhari het volgens hom navraag gedoen oor sy voorgestelde begroting vir 2017, wat nog nie deur die parlement goedgekeur is nie, en planne vir die land se ekonomiese herstel. Nigerië is vir die eerste keer in 25 jaar in 'n resessie gedompel.
Osinbajo het Maandag se betogings erken en gesê: “Ek het Buhari oor die protesoptog ingelig en terugvoering gegee oor wat mense van die ekonomie sê.” Hy het nie verdere besonderhede verskaf nie.
In 'n brief wat Sondag in die parlement ingedien is, word gesê die president moes vir verdere toetse gaan en daarom vra hy vir 'n verlenging van sy siekteverlof. “Sodra hy die uitslae van die toetse gekry het en mediese advies ingewin het, verwag ons om hom spoedig te sien,” het Osinbajo gesê.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie