Nigeriese boete gee MTN groot knou
Die uitwerking van die boete het R4,55 per aandeel van MTN se wins gesny.
Die boete wat in Nigerië teen MTN opgelê is, gaan sy jaarresultate ’n enorme knou gee.
Die maatskappy het Maandag in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, gesê hy gaan ’n wesensverlies per aandeel ly in die boekjaar tot einde Desember.
MTN verwag ’n wesensverlies van tussen 74c en 81c in die boekjaar.
Die maatskappy het ’n bygewerkte handelsoorsig gegee ná die een wat vroeër in Februarie uitgereik is. MTN het in sy oorsig van 8 Februarie bloot gesê hy verwag ’n verlies en dit gaan 20% groter wees. Dié aankondiging was volgens die JSE se noteringsvereistes nodig.
Die verwagte wesensverlies is in vergelyking met ’n wesensverdienste per aandeel van R7,46 in die jaar tot einde Desember 2015.
Sy resultate is beïnvloed deur die boete wat hy in Nigerië moes betaal. Die uitwerking van die boete het R4,55 per aandeel van sy wins gesny.
’n Boete van US$5,2 miljard is in Oktober 2015 aan die maatskappy opgelê. Ná lang onderhandelinge is dit op 10 Junie 2016 tot US$1,7 miljard verminder.
MTN het miljoene selfoonnommers waarvan gebruikers se adres nie geverifieer was nie, nie betyds van sy netwerk ontkoppel nie. Dit is ’n vereiste om misdaad te bestry ingevolge wetgewing soortgelyk aan Suid-Afrika se Rica-wetgewing.
Die maatskappy sê die regs- en ander koste wat met die boete verband hou, asook die rente op die boete, het sy syfers verder geknou.
MTN het ook verliese in verskeie lande gely en sy syfers is afgetrek deur swak geldeenhede in van die lande waarin hy sake doen.
Volgens die maatskappy het die koste van die MTN Zakhele Futhi-bemagtigingstransaksie 88c per aandeel van sy verdienste verminder.
Die verlies van sy belegging in Digital Group en hoofsaaklik Africa Internet Holdings, Middle East Internet Holdings en Iran Internet Group het ook sy resultate nadelig geraak.
Die verlies wat voortspruit uit die Nigeria Tower Company as gevolg van ’n buitelandsevalutaverlies op lenings wat in Amerikaanse dollar aangegaan is, het sy syfers ook geknou.
Die maatskappy se aandeelprys het Maandag 0,8%hoër op R119,75 gesluit. Beleggers het die verlies verwag en die aandeelprys het met die oorspronklike handelsverklaring ook skerp gedaal.
Beleggers in MTN het in 2016 ’n verlies van meer as 8% gely nadat die verlies in 2015 meer as 36% was.
Sy resultate word op 2 Maart uitgereik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie