Niggies herhaaldelik verkrag
Niggies herhaaldelik verkrag

Niggies herhaaldelik verkrag

Tanja Bause
Twee onbekende verdagtes wie se gesigte bedek was, het Donderdag in 'n kamer in Outapistraat in Havana ingebreek.

Een van die verdagtes het glo 'n pistool gehad. Twee niggies (albei 22 jaar oud) het in die kamer geslaap. Die meisies werk beide in die kroeg wat op dieselfde perseel geleë is.

Die verdagtes het die meisies na bewering verkrag en kontant en ander items gesteel waarna hulle die meisies weer om die beurt verkrag het. Niemand is in hegtenis geneem nie.

'n Angolese burger het glo Donderdag 'n 13-jarige meisie in die Onaupanya-nedersetting in die Eenhana-kiesafdeling verkrag.

Na bewering het hy dié meisie en twee ander meisies na die waterput vergesel om water te gaan haal. Nadat die ander twee meisies by die huis aangekom het, het die voog na die meisie gaan soek en die verdagte op heter daad betrap. Die verdagte is in hegtenis geneem.



MOLESTERING

Dinsdag het 'n 55-jarige man glo 'n 13-jarige meisie in Block E op Rehoboth seksueel gemolesteer.

Die verdagte het na bewering die kamer waar sy besig was om skoon te maak, binnegegaan en gesluit. Hy het uitgetrek en haar seksueel gemolesteer. Die meisie het die voorval aan haar voog gerapporteer wat die polisie in kennis gestel het. Sy is na die hospitaal geneem. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Na bewering het 'n 18-jarige verdagte 'n sesjarige meisie uitgetrek en haar probeer verkrag. Die voorval het Vrydag om 16:00 in Kamatotostraat in Kuisebmond plaasgevind. Die meisie en die verdagte woon op dieselfde perseel. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie hangende die finalisering van die ondersoek.



AANRANDING

Saterdag tussen 05:00 en 06:00 het 'n 25-jarige verpleegster van die Mariental-hospitaal na bewering haar kêrel met 'n ander vrou in die bed betrap. Sy het glo kookwater oor hulle uitgegooi. Beide is in die hospitaal met brandwonde opgeneem. Die kêrel is egter weens die erns van sy wonde na 'n hospitaal in Windhoek oorgeplaas. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Mnr. Fillipus Shivute (38) is Saterdag om 11:00 dood terwyl hy en twee kollegas glo besig was om die waterpyp in 'n put te herstel toe die put ineengestort het en hulle onder die sand begrawe is.

Sy twee makkers kon self uit die put kom. Die voorval het in die Evululuko-buurt op Oshaka­ti plaasgevind. Die polisie-ondersoek duur voort.

'n Been, arm en ­gedeelte van 'n bors­kas met 'n kop is glo Vrydag aan die Namibiese kant in die water van die Kavango­rivier gevind. Die vermoede is dat die slagoffer deur 'n krokodil aangeval is.

Die liggaam is deur 'n familielid as 'n ­vermiste 63-jarige vrou van die Shitemo-nedersetting in die Kavango-Oosstreek uitgeken. Sy is ­Woensdag laas gesien toe sy na die rivier geloop het om water te gaan haal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!