Nikki Haley: ‘Ek raak nie verward’
Gerugte doen die ronde dat Amerika se visepresident en sy ambassadeur by die Verenigde Nasies beplan om teen pres. Donald Trump in die 2020-verkiesing te staan.
Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Nikki Haley, het Woensdag gesê haar verhouding met pres. Donald Trump is “perfek” en dat hy nie bekommerd moet wees dat sy en visepresident Mike Pence in 2020 teen hom as presidentskandidate sal staan nie.
Haar opmerkings kom midde-in buitengewone openbare wrywing tussen Haley, ‘n voormalige goewerneur van Suid-Carolina, en die Withuis. Haley is bekend vir ‘n reguit diplomasie in die Verenigde Nasies.
Haley, ‘n lid van Trump se kabinet, het Sondag gesê Washington is besig met die voorbereiding van nuwe sanksies teen Rusland weens Russiese steun aan die Siriese president, Bashar al-Assad. Trump het egter verdere stappe teen Moskou vertraag, het ‘n senior administrasiebeampte gesê.
Die Withuis se ekonomiese raadgewer, Larry Kudlow, het gesê Haley mag verward wees oor Washington se planne, maar Haley het teruggevuur: “Met alle respek, ek raak nie verward nie.”
Kudlow sê hy het Haley om verskoning gevra. Toe sy Woensdag oor haar verhouding met Trump gevra is, het sy gesê: “Dit is perfek.”
Terwyl die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, weggeskram het van die kollig, het Haley vir haar ‘n hoëprofielrol in die Trump-administrasie gevestig en seker gemaak sy prys die president in die openbaar.
Haar direkte benadering in die Verenigde Nasies het aanvanklik die diplomate se wenkbroue laat lig, maar baie gee erkenning aan haar politieke vernuf en spekuleer dat sy ambisies vir ‘n hoër pos het.
The New York Times het Dinsdag berig Republikeine na aan die Withuis fluister oor ‘n moontlike gesamentlike verkiesingsveldtog in 2020 deur Haley en Pence.
Trump, wat lojaliteit hoog op prys stel, het reeds aangekondig dat hy weer in 2020 verkiesbaar sal wees.
Toe sy Woensdag gevra is of Trump oor ‘n Pence/Haley-veldtog bekommerd moet wees, het Haley geglimlag en nee gesê. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie