Niks, geen of dalk bokkerol?
Niks, geen of dalk bokkerol?

Niks, geen of dalk bokkerol?

Mandy Rittmann
DAVID PETER VILJOEN SKRYF:

Hoe word swak kliëntediens in vandag se dae gedefinieer? Sal ons sê swak, swakker, swakste of niks, geen, bokkerol?

Wel, dit is die dienste wat die Paaie-owerheid, NaTIS en die Padfonds­administrasie lewer. Om nie eers van hulle telefoondienste te praat nie.

Daar is voertuie wat in 'n boedel aan mense bemaak is. Hierdie voertuie se lisensiegeld en boetes en rentes is verlede jaar al vroegtydig inbetaal, maar die geld was nog nooit na die voertuie geallokeer nie. Die geld ver­skyn op NaTIS se stelsel, maar om die gelde toe te ken, moet die padfondskantore 'n skrywe aan NaTIS rig.

'n Skrywe was op die 27ste September 2018 aan die kantore gerig en gevra om die nuwe boetes en rente wat gehef is ná hierdie betaling gemaak is, af te skryf, maar geen ­terugvoering is verkry nie. Vandag, op 29 Oktober 2018, word daar by die kantore van die Padfonds­administrasie navraag gedoen en die inligting wat van 'n sekere meneer ontvang is, is dat daar nie 'n brief van hulle benodig word om die nuwe boetes en rente af te skryf nie.

'n Besoek is toe by NaTIS se kantoor in Talstraat afgelê om die lisensiegelde te laat toeken, wat o wee, wat 'n tragedie. Die dame daar luister nie eers na wat verlang word nie.

Terug na die Padfondsadministrasie se kantore, en op pad daarheen kom die versoek van die eerste meneer dat na NaTIS se hoofkantoor toe gegaan moet word. Twee dames daar het professioneel opgetree en was baie behulpsaam.

Hulle skakel 'n dame by die kantore van die Padfondsadministrasie, maar dié het 'n storie so lank soos die sinkplaatpad vanaf Opuwo tot by Verloorsdrif.

Weer terug na die kantore van die Padfondsadministrasie, maar kan hulle vir jou lieg. Vanaf die dame by NaTIS in Talstraat tot by die toesighouer, oor en weer word daar geskakel op 'n baie geheimsinnige nommer, want van telefoonantwoord en etiket weet geen regeringsinstelling of semistaatsinstelling nie. 'n Mens is op 'n wonderwerk aangewese.

En daar word gewag vir terugvoering. Niks, minder as niks en bokkerol.

Die boedel kan en sal nie afgehandel word nie, en die nuwe boetes en rente lê en wag om deur hierdie organisasies gesteel en in die staatskoffers gesit te word.

Kilometers word afgelê om diens te kry. Ure - wat tyd is vir die privaat sektor - maak nie saak nie, want elke maand word daar mos salarisse in hulle bankrekeninge inbetaal. O ja, en as hierdie amptenary iets vir jou doen, moet jy darem bereid wees om 'n ietsie onder die tafel te gee.

Dit is baie duidelik dat niemand in beheer is van iemand nie. Elkeen het sy eie regulasies en pas dit toe soos die dae van die week verander.

En waar laat dit ons? Net mooi nêrens!

Want die hoofde, bestuurders en toesighouers doen net mooi niks aan hierdie fantastiese diens nie.

Dit lyk vir my wanneer 'n persoon 'n snaakse van het, 'n mooi perdebylyfie het, swak Engels kan praat en geen ondervinding het nie, kwalifiseer daardie persoon vir enige pos. Dit is mos niks as die ekonomie ten gronde gaan nie.

Wat was die wagwoord in die ou weermag? “Hurry up and wait”, maar hierdie swak diens wat gelewer word, kom nie na aan daardie spreekwoord nie.

Moet ek dit aanvaar? Nee. Ek sterf liewer!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!