Niks te make met enigiets spesifieks nie
Ek en my vierjarige laaitie het ’n ruk gelede ’n ent in die buurt gaan stap, toe daar ’n glips gebeur.
Nadat hy bietjie geskree het, het ek dit reggekry om hom te kalmeer en het toe mooi aan hom verduidelik dit is heeltemal normaal om per ongeluk jou broek vuil te maak. Maar ek kon sien hy glo my nie.
Trouens, dis al meer as ’n week later en hy spot my nou nog daaroor.
Ek het in laasweek ’n afspraak met ’n mikrobioloog gehad. Ek moet erken, in lewende lywe is hy toe báááie groter as wat ek verwag het.
Ná skool het ek kortstondig oorweeg om as ’n mariene bioloog te gaan studeer, maar dit het toe nie uitgewerk nie, want my matriekuitslae was deurentyd te ver bo C-vlak.
Daar is lande waar die coronavirus nog steeds derde en vierde golwe maak, waar inperkings steeds geld en waar openbare byeenkomste selfs in die buitelug nie meer as sewe (7) mense mag wees nie.
Ek hoor op sekere plekke waar inentings toegedien word, word diegene wat skepties oor die entstof is, vir ’n kort rukkie dopgehou om te sien of hulle nie enige newe-effek toon nie . . . soos ’n onverklaarbare drang om enige Microsoft-produkte te gaan aanskaf.
Uit elk van vier erge Covid-geteisterde lande het een persoon – ’n Amerikaner, ’n Fransman, ’n Spanjaard en ’n Duitser – uitnodigings na ’n Zoom-ontmoeting gekry.
Om mee te begin, skuif die sameroeper toe reg voor sy skootrekenaar se videokamera en sê: “Kan julle almal my darem sien?”
Waarop hulle toe een-een antwoord, “Yes”, “Oui”, “Si”, “Ja”.
’n Taxi het vroeër vanjaar my Kia gestamp, wat meegebring het dat ek tydens die werktuigkundige se hersteltyd Nokia gehad het.
Dit was baie ontwrigtend en ek het later begin vermoed ek ly dalk aan depressie. Ten minste het ek darem gerusstelling van die dokter gekry. Hy het ’n paar toetse gedoen en bevind toe nee, ek het maar net ’n redelike realistiese beskouing van die wêreld.
Op sportgebied was dit waarskynlik vir baie krieketliefhebbers ’n skok om laas week kennis te neem dat Heath Streak ’n skorsing van agt jaar uit enige betrokkenheid by krieket opgelê is.
Dié beroemde uitgetrede snelbouler van Zimbabwe – uit die 1990’s, toe Hansie Cronjé nog ongeskonde in sy aansien as RSA-kaptein was – het later ’n nasionale afrigter geword, maar het toe ’n blinde oog gedraai en nie aangemeld wanneer van sy spelers deur beroepswedders benader is om by knoeiery betrokke te raak nie.
As verswarende getuienis voer die ICC selfs aan dat Streak inderdaad soms sulke ontmoeting gefasiliteer het.
Volgens een skinderstorie het alles tydens ’n vorige IPL-seisoen onder die dekmantel van ’n “blind date” begin, waar hy toe ’n blonde Australiese vrou sou ontmoet. Dit het glo só verloop:
Heath: “Hi, my name is Heath.”
Blonde vrou: “Hello, nice to meet you. I’m Heather.”
Heath: “This isn’t a competition.”
Oukei, wat van ’n rêrige flou grappie om mee af te sluit?
Hoeveel oogkundiges is nodig om ’n gloeilamp om te ruil?
Antwoord: Een, of twee.
Een . . .? Of twee ...?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie