Nimt-verdagte                                  ...
Nimt-verdagte ...

Nimt-verdagte ...

Die saak is uitgestel tot 30 April vanjaar vir 'n beslissing deur die aanklaer-generaal oor die weg vorentoe.
Denver Kisting
Erwin Leuschner en Denver Kisting - Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat glo verlede April 'n dubbelmoord op Arandis gepleeg het, het dié week onskuldig gepleit op al vyf klagte wat hom in die gesig staar.

Dié klagte bestaan uit twee moordklagte, een oortreding van die wapen-en-ammunisiewet, diefstal en een van regsverydeling.

Sy saak is in die Swakopmund-landdroshof uitgestel tot 30 April vanjaar vir 'n beslissing deur die aanklaer-generaal oor die weg vorentoe.

Lichtenstrasser is verlede jaar ná 'n uitgebreide polisieondersoek weens die moorde op mnre. Eckhart Mueller (72) en die Heimo Hellwig (60) in hegtenis geneem.

Mueller en Hellwig was onderskeidelik die direkteur en adjunkdirekteur van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) op Arandis.

Lichtenstrasser was in daardie stadium 'n dosent aan dié instelling.

Ten tyde van sy inhegtenisneming op aanklag van moord was hy reeds in aanhouding in verband met die

besit van onwettige ammunisie waarvoor hy vroeër op Karibib aangekeer is.

Die moorde op Arandis op 15 April het verlede jaar skokgolwe deur die land gestuur.

Republikein het ná die moorde berig spanning oor 'n geografiese skuif het glo hoog geloop tussen die Arandis-slagoffers en die man wat weens hul skietdood vasgetrek is.

Lichtenstrasser, wat na bewering nagenoeg agt noodlottige skote op die myndorpie afgevuur het, was glo ongelukkig omdat hy van Tsumeb na Keetmanshoop verplaas is.

Mueller en Hellwig is in die kop en maag getref en is op die toneel dood.

Lichtenstrasser het glo tussen 06:00 en 07:00 op die moorddag die sneller getrek nadat Mueller en Hellwig soos oudergewoonte saam in Mueller se Mercedes-Benz op die kampus aangekom het.

Hy hou vol hy is nie die moordenaar nie.

[email protected],
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!