NIMT-wag eerste op die moordtoneel
Ellanie Smit – 'n Sekuriteitswag van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) op Arandis het Donderdag getuig hoe hy twee jaar gelede die eerste persoon op die moordtoneel van sy twee “base” was.
Mnr. Festus Muayambuatji is sedert 2010 permanent as sekuriteitswag by Nimt Arandis aangestel.
Hy het Donderdag as staatsgetuie in die Windhoek-hoërhof voor regter Christie Liebenberg in die dubbele moordverhoor teen mnr. Ernst Lichtenstrasser getuig.
Lichtenstrasser, 'n voormalige lektor by die Nimt Tsumeb-kampus word daarvan beskuldig dat hy die uitvoerende direkteur, mnre. Eckhart Mueller (72) en sy adjunk Heimo Hellwig (60), op 15 April 2019 op Arandis vermoor het.
Muayambuatji het getuig dat hy die nag voor die moord aan diens was en nie enige iets buitengewoon opgemerk het nie. Hy het sy skof op Sondag 14 April om 19:00 begin en gesê dit was stil deur die nag.
Volgens hom was daar twee honde op die perseel wat hy omstreeks 22:00 tydens sy patrollie op die kampus uitgelaat het.
“Die hele nag was stil tot die oggend met die voorval.”
Muayambuatji sê hy het op die oggend van 15 April 2019 omstreeks 06:30 in die koffiekamer gesit en gewag dat sy “base” arriveer sodat hy kan huis toe gaan. Hy het verwys na wyle Mueller en Hellwig as sy base.
“Ek het drie enkele geluide gehoor wat van die hoofteerpad gekom het.”
Muayambuatji het gesê teen daardie tyd het hy reeds die honde om 06:00 in die hondehokke gesit, want die mense het vir werk begin aankom.
“Die eerste geluid wat ek gehoor het, het geklink soos 'n buiteband wat bars, want daar was baie voertuie op die hoofteerpad na Arandis. Die tweede geluid het ek gedink is die polisie wat iemand jaag en op hulle skiet.”
Muayambuatji het toe na die eetsaal gegaan waar hy die matrone van Nimt, me. Getrud Noabes, gevind en haar gevra het of sy ook die geluide gehoor het.
“Sy het en ek het vir haar gesê ek sal gaan kyk wat dit is.”
Volgens hom het hy in die rigting van die hoofgebou geloop toe hy 'n Mercedes Benz gesien het wat aan een van die direkteurs behoort.
“Ek het mense op die grond sien lê en toe ek nader loop, het ek gesien hulle lê in bloed. Toe ek na hulle kyk, het ek gesien hulle is geskiet en ek het patrone langs die base gesien.
“Ek kan nie onthou hoe lank ek daar gestaan het nie.”
Muayambuatji sê hy het nie getel hoeveel patrone daar was nie, maar dit was baie.
Hy sê hy het nie gesien dat iemand naby die liggame kom of selfs 'n voertuig gehoor wegry nie.
Muayambuatji sê hy het vir Noabes gaan vertel wat gebeur het en haar beveel om die polisie en 'n ambulans te bel.
“Ons albei het hoofkantoor toe gegaan waar sy die polisie gebel het. Ons het vir die polisie by die liggame gewag.”
Adjunk- aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig die staat.
Die verhoor word op 5 Mei hervat.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie