NIP doen nou ook blitstoetse
NIP doen nou ook blitstoetse

NIP doen nou ook blitstoetse

Henriette Lamprecht
Die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) doen nou ook antigeen-blitstoetse by die Windhoek-laboratorium by NIP House op die hoek van Hosea Kutako-rylaan en Rowanstraat. Die omkeertyd vir uitslae is twee ure vir roetine-versoeke en 'n uur vir dringende versoeke. Die kontantprys is N$179 per toets. 'n Doktersverwysingsbrief en 'n voltooide gevalle-ondersoekvorm is 'n voorvereiste vir die toets. Vir meer besonderhede en besprekings kan (061) 295 4252/3 of (061) 256 822 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer