Nissan nou in VSA ondersoek
Bloomberg – Die Securities and Exchange Commission (SEC), die Amerikaanse owerheid wat genoteerde maatskappy reguleer, probeer vasstel of die motorvervaardiger sy topbestuur se betaling akkuraat aangemeld het.
Nissan se aandele verhandel in die VSA deur middel van Amerikaanse depositobewyse.
Dis een van die finansiële misdade waarvoor Japan Carlos Ghosn, voormalige voorsitter van Nissan, op 19 November verlede jaar in hegtenis geneem is.
Die bewering is dat Ghosn miljoene dollar van sy salaris weggesteek het.
Greg Kelly, nog ’n voormalige direkteur van Nissan, is ook in hegtenis geneem. Albei mans ontken skuld.
Nissan het by navraag gesê hy werk met die SEC saam.
Die maatskappy se aandeelprys het in Tokio met 0,8% gedaal. Dit is die grootste daling in drie weke.
Nissan is ná Toyota Japan se grootste motorvervaardiger.
Die SEC se ondersoek is in ’n vroeë stadium, deels omdat die federale regering ’n maand lank deels gesluit was.
Hiroto Saikawa, Nissan se uitvoerende hoof, het in ’n memorandum aan personeel gesê die maatskappy se korporatiewe beheer het te kort geskiet.
Ghosn het al twee keer om borgtog aansoek gedoen, maar is dit albei kere geweier.
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Vrydag aan premier Sjinzo Abe van Japan gesê hy is bekommerd oor die toestande waaronder Ghosn aangehou word.
Ghosn is ’n Franse burger en Frankryk is ook die grootste aandeelhouer in Renault, ’n vennoot van Nissan.
Ghosn het verlede week as Renault se uitvoerende voorsitter bedank. Jean-Dominique Senard, uitvoerende hoof van Michelin, is as voorsitter aangewys. – Bloomberg, verkort – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie