Nkandla: Zuma kry banklening
Pres. Jacob Zuma gaan ’n persoonlike lening aangaan om die R7,8 miljoen te betaal wat hy vir verbeterings aan sy woning by Nkandla aan die staatskas skuld.
In die proses het hy blykbaar besluit om nie die politieke omstrede roete te kies deur op skenkings van weldoeners en ANC-lede staat te maak nie.
City Press berig twee bronne na aan die familie het bevestig dat Zuma sy skuld gaan betaal met ’n lening van VBS Mutual Bank. VBS Mutual – voorheen bekend as die Venda-bouvereniging – bestaan sedert 1982 en beskryf homself as ’n spesialis korporatiewe en kleinhandelsbank geheel en al in swart besit.
Die lening by VBS sal waarskynlik in die vorm van ’n persoonlike lening wees.
Omdat Nkandla op stamgrond gebou is wat aan die Ingonyama-trust behoort, weier die meeste handelsbanke om enige huise of huisverbeterings deur konvensionele verbande (waar die bank die eiendom as sekerheid neem) te finansier.
VBS is ’n klein bank wat spesialiseer in lenings in landelike gebiede aan mense wat op kommunale trustgrond bly.
Volgens City Press se inligting het Zuma se prokureur, Michael Hulley, en sy neef, Ray Zuma (die ouer broer van Khulubuse Zuma), vroeër die maand met verteenwoordigers van die VBS in die vyfster Michelangelo-hotel in Sandton vergader.
City Press verneem dat veral die Zuma-familie nie geneë was dat die skuld “op ’n politieke wyse” betaal moes word nie omdat dit net tot nóg ’n politieke storm sou lei.
Luidens die ooreenkoms wat daarna met VBS bereik is, sal die lening beskikbaar wees sodra Zuma ’n uitstaande lening by First National Bank (FNB) gedelg het en hy ’n brief van die stamowerheid gekry het wat hom toestemming gee om op die grond te bly.
Hy sal dan dié lening uit sy jaarlikse salaris van R2,8 miljoen moet delg.
Die Mail & Guardian het in 2012 berig dat Zuma in 2001, voordat hy president geword het, ’n FNB-lening van tussen R650 000 en R750 000 uitgeneem het om huisverbeterings by Nkandla te finansier.
Dit is onseker hoeveel hy steeds op die lening skuld.
’n Soektog op die aktekantoor se databasis toon dat daar geen vaste eiendom op Jacob Gedleyihlekisa Zuma se naam in KwaZulu-Natal geregistreer is nie. Hy besit slegs twee eiendomme in Johannesburg.
Die Zuma-familie se gesprekke met VBS spruit uit ’n beslissing van die konstitusionele hof vroeër vanjaar dat Zuma self verantwoordelik gehou moet word vir die opgraderings aan sy Nkandla-woning wat nie om veiligheidsdoeleindes nodig was nie.
Die nasionale tesourie het vroeër die maand bepaal dat Zuma R7,8 miljoen moet terugbetaal. Die sperdatum hiervoor is 25 September.
VBS wou nie kommentaar lewer op die Zuma-lening nie.
In ’n e-pos aan City Press sê die bank: “Dit is ons plig, as ’n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste, om nie vertroulike inligting oor kliënte bekend te maak nie.”
Zuma se oudste seun en die familie se woordvoerder, Edward Zuma, het enige persoonlike kennis van sulke onderhandelinge ontken, maar het onderneem om dit met ander lede van die gesin uit te klaar.
VBS Mutual het vier takke, geleë in Thohoyandou, Sibasa, Makhado en Johannesburg. ’n Korporatiewe kantoor is in 2014 in Rivonia geopen.
Die bank se grootste aandeelhouers is die Openbare Beleggingskorporasie (25,26%) en Dyambeu Investments (25,22%).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie