Nkosi en Cheeky gaan eindelik huis toe
Des Erasmus
Die Witvrou is weer toeriste se gasvrou in Brandberg en vir Nkosi en Cheeky, die skaap- en bokslagters van die Ugabvallei, was dit voorlopig die einde van hul reise.
Vir die leeupaar het 'n tweede slaapsessie binne 'n week Dinsdagaand aangebreek om eers Woensdagoggend teen dagbreek terug in hul heimat op te staan.
Nkosi en Cheeky het eers nekbande gekry vir die monitering van hul bewegings in die Ugabvallei nadat hulle skuldig bevind is aan 'n slagting van 172 skape en ses bokke. Die skape was in 'n kraal van die Brandberg White Lady Lodge en die bokke was die besit van kommunale boere in die vallei.
Toe het die leeunavorser, dr. Flip Stander, en kundiges van die ministerie van die omgewing en toerisme besluit hulle moet eerder na die leeuwêreld van die Huabrivier teenoor Torrabaai in die Skedelkus terugkeer. Dit was hul tuisland voordat hulle hul tog na die Ugabvallei onderneem het.
Die bewegings van die twee leeus kon maklik gemonitor word nadat hulle in twee afsonderlike operasies elkeen 'n nekband gekry het.
Juis die bewegings van die leeupaar het verlede week tot 'n verordening deur die Erfenisraad gelei dat Brandberg se erfenisgebied, in die besonder die roete na die beroemde rotstekening van 'n wit vrou, tydelik gesluit moet word.
Sedert gister is die toeristeroete na die Witvrou weer oopgestel met die vorige vereiste wat geld dat voetslaners in die geselskap van Brandberggidse moet beweeg.
Die Brandberg White Lady Lodge se diens was ondanks die leeus se swerftogte nooit onderbreek of gestaak nie. Gister is opnuut beklemtoon dat die herberg oop was en dat sy gewilde diens voortduur.
Al verskil is daar mag nou weer 'n bietjie by die Witvrou gekuier word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie