Nkosi se bewegings gemonitor
Een van die twee leeus wat 'n bloedspoor onder vee by die Brandberg gelaat het, se bewegings gaan nou met 'n satellietsender dopgehou word.
Des Erasmus - Wanneer Cheeky, die stout leeuwyfie van die Ugabvallei, weer met haar geliefde Nkosi herenig word, gaan hy 'n boordjie dra.
Nkosi is vroeg Dinsdagaand deur 'n agtervolgingspan onder die vaandel van die ministerie van die omgewing en toerisme opgespoor. Die ou grote is verdoof en het in die proses 'n nekband met 'n satellietsender gekry.
Die twee leeus word verantwoordelik gehou vir 'n slagting Maandagaand naby die Brandberg White Lady Lodge toe 172 skape doodgebyt is. Hul prooi was in 'n kraal met netbeskutting, maar volgens aanduidinge op die toneel is toegang met die gebruik van geweld deur die leeus verkry. Waar die rooftog nie geëindig het nie. Dinsdag is nog ses vrylopende boerbokke van kommunale boere in die vallei gevang en doodgebyt.
Die span van die ministerie word bygestaan deur dr. Flip Stander, die wêreldbekende navorser op die gebied van woestynleeus. Hulle het taamlik vroeg Dinsdagaand op die leeus afgekom in 'n operasie waartydens Nkosi vir sy nekband afgesonder is. Die seinstelsel om sy nek bring mee dat sy bewegings voortaan noukeurig gevolg kan word met vroeë waarskuwings wat uitgestuur gaan word, sou hy weer wou toeslaan.
Die bestuurder van die Brandberg White Lady Lodge, mnr. Tertius Roos, het gister aan Republikein gesê sodra Nkosi tot so naby as vier kilometer van die herberg kom, sal 'n alarm afgaan. Daarna kan hy en sy moontlike meelopers verwilder word.
Die nekband gaan die vangspan ook help om die wyfie, Cheeky, op te spoor nadat dié maanhaar die eerste nekbanddraer geword het.
Oor die ses boerbokke waarmee die slagting op die 172 skape opgevolg is, het Roos gesê dit was kleinvee van die kommunale boere in die vallei. “Die rivier is dié boere se kraal,” sê hy.
Die tydelike sluiting van Brandberg vir toeriste as gevolg van die roofdiergevaar raak ook nie die Brandberg White Lady Lodge nie, sê Roos. “By die herberg is dit normale sake. Ons het laat Dinsdagmiddag nog 'n veldrit met toeriste onderneem en in die proses op 'n groot olifantbul afgekom.”
Die tydelike sluiting van Brandberg as erfenisgebied vir toeriste het wel ernstige implikasies vir 10 - 15 gidse wat toeriste op die bergroetes lei.
Die mense sit eensklaps sonder werk en gevolglik ook sonder geld.
Ander toerisme-instansies ontken 'n roofdiergevaar vir besoekers op die roetes.
Kenners van die bergland sê dis verbeeldingsvlugte om die verdwyning van die Amerikaanse toeris mnr. Mark Mokosho in Desember met 'n roofdiergevaar in verband te bring.
Die plek waar die steeds vermiste Amerikaner verdwyn het, lê nog sowat 80 km van die Ugabvallei waar die leeuprobleem nou ontstaan het. Daardie westelike hange van Brandberg is baie droog en enige vorm van wildlewe is baie skaars.
Instansies wat die polisie, die weermag en die ministerie van die omgewing en toerisme met die soektog na Mokosho bygestaan het, is wel vroeër in die week in kennis gestel dat die amptelike soektog nou afgelas is. Hulle is wel gevra om onmiddellik aan te meld, sou daar op iets afgekom word soos die klere wat Mokosho voor sy verdwyning gedra het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie