NLU Agri Braai gaan 2018 Ooste toe
Tien boerevereniging- en tien sosiale spanne het dié naweek die vure hoog laat brand.
Francoise Steynberg op Uhlenhorst - Kalahari-Oos Boerevereniging (BV) in die Gobabis-distrik het Saterdag as die braaikampioene van die NLU Agri Braai-kompetisie op Bitterwasser Lodge by Uhlenhorst koning gekraai.
Met Kahalahri-Oos BV se sappige heel lam op die kole het hulle met die prysgeld van N$30 000 weggestap, en 2018 se braai vind dus in die Ooste plaas.
Die naaswenners is Kaizerstraat BV en in die derde plek is Kalkrand BV. Leonardville BV is in die vierde plek en Excelsior BV en Aroab BV deel die vyfde plek.
Daar was 10 sosiale en 10 BV-spanne wat meegeding het om 'n heel lam en skaapkop, voorgereg en nagereg op die kole te braai.
Die tema was “Kalahari Karnaval”. Die 10 BV-spanne is Stampriet, Blumfelde, Kaizerstraat, Excelsior, Leonardville, Kalkrand, Kalahari-Oos, Hochfeld, Aroab en Bethanie.
“Die Noorde-boere weet nie hoe om skaap te braai nie; hulle ken net van bees,” het 'n Suide-boer tydens die prysuitdeling geskerts.
Die vure het Saterdag hoog gebrand nadat die gasheer, Uhlenhorst BV, Donderdagaand moes bontstaan ná 'n hewige haelstorm in die omgewing uitgesak en die biertent geskeur het, wat die borg, Tafel Lager, blitsvinnig herstel het.
Vrydagaand en Saterdagmiddag het Namibië se André en Joggie die heupe laat swaai en Saterdagaand het die Suid-Afrikaanse sanggroep, Broers, wat bestaan uit Christo, Cobus en Stephan Snyman die voete laat jeuk.
In die afdeling vir sosiale spanne het Kalahari Klopse, een van drie spanne van Namib Mills, met die louere en prysgeld van N$10 000 weggestap.
Kaap Agri is die naaswenners en Old Hollard in die derde plek.
Vierde is Namib Mills Suid en in die vyfde plek Kalahari Party.
uitslae:
BOEREVERENIGINGS:
Mooiste stalletjie:
1. Stampriet
2. Kalkrand
Skoonste kombuis:
1. Kalahari-Oos
Voorgereg:
1. Excelsior
2. Kaizerstraat
3. Leonardville
Hoofgereg:
1. Kalahari-Oos
2. Kaizerstraat
3. Kalkrand
Nagereg:
1. Aroab
2. Kalkrand
3. Hochfeld
SOSIALE SPANNE
Mooiste stalletjie:
1. Namib Mills Suid
Skoonste kombuis:
1. Woermann Brock Harlekyne
Voorgereg:
1. Kalahari Klopse
2. Kaap Agri
3. Kalahari Party
Hoofgereg:
1. Kalahari Klopse
2. Kaap Agri
3. Namib Mills Suid
Nagereg:
1. Kalahari Klopse
2. Kaap Agri
3. Watertech Solar & Plumbing

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie