NLU gedenk sy 75ste bestaansjaar
NLU gedenk sy 75ste bestaansjaar

NLU gedenk sy 75ste bestaansjaar

Ronelle Rademeyer
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het die afgelope naweek sy 75ste bestaansjaar gedenk.

Dié landbouliggaam het 27 November 1946 sy beslag gekry toe sy voorloper, die Suidwes-Afrikaanse Landbou-unie (Swalu), op Otjiwarongo gestig is.

Die eerste kongres is vier maande later op 9 April 1947 in Windhoek gehou.

JG van der Wat, ’n bekende boer van Stampriet wat ook later administrateur was, is as voorsitter gekies. Die kongres is ook deur drie vroue bygewoon.

By dié kongres het 86 afgevaardigdes van 25 boereverenigings oor die inhoud van die eerste grondwet besin. Onder die eerste sake wat genotuleer is, was werkerskontrakte en vleisbesprekings, met onder meer vloerpryse van vleis.

Vanaf 1949 het noue samewerking tussen die Suid-Afrikaanse en die Suidwes-Afrikaanse Landbou-unies plaasgevind en vergaderings op federale grondslag is elke tweede jaar gereël. Dit is beurtelings in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika gehou.

Noue skakeling met die Internasionale Federasie van Landbou Produsente (IFLP) het Swalu-lede in voeling gehou met wat boere in ander lande doen en dink.

Met verloop van tyd het meer onderlinge strukture bygekom en boereverenigings het hulself gestruktureer. Sodoende is onder meer ’n vleisprodusentevereniging en ’n wolkwekersvereniging (wat op die produksie van karakoelpelse uitgeloop het) gestig.

Interessante syfers uit die vroeë bestaansjare van die unie toon ’n bees het aan die begin van die 1960’s 30c gekos het, ’n kalf 20c, terwyl ’n vark, skaap of bok teen 5c verkoop is. – NLU-nuusbrief

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!