NMH kies finaliste vir ekotoerisme
Die vier finaliste vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings 2017 is uit nege inskrywings aangewys.
Hulle is Gondwana Etosha Safari Camp in die Oshikotostreek, Jackalberry Lodge in die Zambezistreek, Ongava Tented Camp in die Oshikotostreek en Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast in die Kunenestreek.
Die Verantwoordelike Toerisme-toekennings se doelwit is om toerisme-operateurs te erken en beloon wat ekotoerisme by hul akkommodasiegeriewe toepas en in hul gemeenskappe belê.
Die toekennings word gekombineer met die Namibië Toerisme Ekspo (NTE), 'n jaarlikse geleentheid wat die toerismebedryf van Namibië en buurlande byeen bring om te netwerk en hul produkte en dienste uit te stal. Die tema van vanjaar se NTE is “Safe Travel”.
Die wenner sal aangekondig word tydens die amptelike opening van die NTE wat op Woensdag 31 Mei by die Windhoekse skouterrein sal plaasvind. Die wenner en naaswenner sal advertensies en redaksionele inhoud in 'n publikasie van hul keuse van NMH kry. Die nuusdekking kan behels die bemarking van hul produkte en dienste of gemeenskapsprojekte in hul gebied ter waarde van N$200 000 vir die wenner, N$150 000 vir die naaswenner, N$100 000 vir die derde plek en N$50 000 vir die vierde plek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie