NMH ondersteun studente
Yochanaan Coetzee - Tien gelukkige leerlinge het gister elk 'n beurs ter waarde van N$5 000 van Namibia Media Holdings (NMH) ontvang.
Die afgelope 21 jaar het NMH en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur leerlinge se lewens vergemaklik deur die graad 10- en graad 12-uitslae te publiseer.
Deur tegnologiese ontwikkeling het die proses heelwat verbeter en leerlinge kan hul uitslae nou direk op hul selfone ontvang. Dit te danke aan NMH se nuwe SMS-lyn.
NMH het onlangs 'n SMS-kompetisie gehou vir leerlinge wat van die SMS-lyn gebruik gemaak het om hul uitslae te kry. Gister het dié 10 leerlinge NMH-beurse ontvang.
“Die verhouding tussen NMH en die ministerie kom al 'n lang pad. Dit is 'n verhouding van vertroue omdat die uitslae so sensitief is,” het mnr. Cavin Nyambe, direkteur van eksamens van die ministerie, tydens die prysuitdeling by NMH se hoofkantore in Windhoek gesê.
“Oor die jare heen het NMH die manier waarop uitslae bekend gemaak word, verbeter. Met die SMS-lyn het NMH toegang tot uitslae makliker gemaak - veral op afgeleë plekke waar dit moeilik is om 'n koerant in die hande te kry,” het Nyambe gesê.
NMH se 10 wenners deel hul toekomsplanne:
Maria Shikeshele (17):
“My tante het my ondersteun. Ek het baie hard gewerk om goeie punte te kry en vanjaar wil ek geologie aan die Universiteit van Namibië (Unam) studeer.”
Lusia Kaukomenwa (20):
“Ek het baie hard geleer en geluister na wat my ouers en onderwysers vir my gesê het om te doen. Ek het altyd gesê ek sal dit maak en myself van slegte vriende af weggehou. Vanjaar wil ek verpleging aan Unam studeer.”
Immanuel Shilongo (18):
“Dit was 'n swaar jaar, maar met die ondersteuning van my familie en onderwysers kon ek dit goed slaag. Hoewel ek nou verlig voel omdat ek my skoolloopbaan agter die rug het, is ek ook 'n bietjie bang, want die ware lewe begin nou. Dié jaar gaan ek rekeningkunde aan Namibië se Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) studeer.”
Franklin Platt (18):
“My ouers is my grootste aanmoediging en ek is bly dat ek hulle kon wys dat ek toegewy aan my studies was. Ek het bly bid en ek glo dit het my baie gehelp wanneer ek 'n bietjie gesukkel het. Vanjaar wil ek graag rekenaarwetenskap by NUST aanpak.”
Lavinia Mandume (18):
“My vriende het my baie ondersteun. Ek was nie die beste leerling nie, maar ek het seker gemaak my vriende was slim en ook hardwerkend, sodat hulle my kon inspireer om beter te doen. Ek gaan dié jaar biochemie aan Unam studeer.”
Esther Mundjundi (18):
“My plan was om sekere mense verkeerd te bewys, want ek was die hoofmeisie van die Sekondêre Skool A. Shipena. Baie mense het gesê ons skool het 'n gebreekte droom, so ek moes myself bewys. My ma het my baie gemotiveer, hoewel sy ver weg was. My onderwysers het ook hul deel gedoen in my sukses. Ek gaan vanjaar aan NUST studeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word.”
Rivaldo Boois (18):
“Al my eweknieë het om goeie uitslae meegeding, so dit maak dat jy ook wil presteer. Ek is ook nie een om aanhoudend notas te maak nie. Vir my is dit beter om in die klas te fokus en vrae te vra sodat die inligting sin maak, eerder as om dit net neer te skryf en te probeer om dit in my kop te prop. Ek besluit nog of ek sakestudies wil studeer, of om 'n bourekenaar te word.”
Christophina Hofnie (19):
“Ek voel so geseënd. Ek was geskok toe ek die oproep kry. Aanvanklik sou ek nie die jaar gestudeer het nie, maar nou, met hierdie beurs kan en wil ek registreer vir opleiding in toerisme en gasvryheid.”
Thomas Pedro (17):
“Dit was swaar. Ek het op niks anders behalwe my skoolwerk gekonsentreer nie, nie eens geslaap nie. Nou wil ek verder gaan en rekenaarstudies doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie