NMH sjef-ambassadeur:Kampkos
Kom ons gesels oor kampeer en veral kampkos.
Ek is oortuig dat kampkos een van die onderwerpe is waarvan ek baie kan leer in die Land van die Dapperes.
Kampeer is ’n kultuur. Dit vereis kennis, ’n bietjie ondervinding en motivering.
Dit gee jou toegang tot asemrowende natuurskoon, unieke landskappe en situasies. Om ’n tydelike woning in die middle van nêrens op te rig is ’n konsep wat nog nooit regtig vir my gewerk het nie . . . Maar aangaande ek begin verstaan het wat kampeer kan bied, het ek my mening verander! Dit gee jou vryheid, ’n gevoel van suiwer ontdekking en dit is so ’n wonderlike en intense ondervinding.
Alles moet haarfyn beplan word, van die vervoer, die toerusting, gerief en al die klein bykomstighede wat jou verblyf heelwat beter sal maak, en natuurlik die voorrade - muskietweerder, batterye, koelboks, koffiemasjien (selfs ’n espressomaker vir diegene wat verslaaf aan koffie is), en so baie ander items! Dit alles nog voordat jy kan dink aan kos!
Ek is hoogs beïndruk met die nasionale kampkultuur. Ek is verstom deur 'n ieder en elk se vindingrykheid wanneer dit by die organisasie, die toerusting en die idees kom – alles bymekaargemaak om ’n unieke lewensruimte te skep.
Ek was ook nog altyd verras deur die kos wat ek op kampeeruitstappies geëet het, dit was regtig briljant die paar kere wat ek aan die kampondervinding blootgestel was. Van ’n eenvoudige braai tot die heerlikste brood, pasteie en kreatiewe nageregte en koek alles tot perfeksie gebak in ’n bosoond, of ’n wildstowe in ’n potjie voorberei. Dit is ’n kuns en Namibië het baie kunstenaars op dié gebied! Dit is nogal harde werk, maar wat is beter as om so ’n maal te geniet, omring deur die natuur, wildelewe en natuurlik familie en vriende?
Ek het die geleentheid gehad om ’n paar braaikompetisies in Namibië te beoordeel.
Tydens elkeen van dié geleenthede het ek dieselfde gevoel gekry: Groot respek vir mense wat die vlamme, die kole en die hitte kan bemeester - van ’n biefstuk gaarmaak en brood bak tot pannekoek en koffie vir ontbyt. Ek het wonderlike kos geproe, en elke keer het ek dieselfde berou gehad: Dat ek nooit die mense gevra het waar hul geliefkoosde kampeerplek is sodat ek by hulle kon aansluit en aan hul tafels kon sit nie.
Kampkos is tuisgemaakte kos op sy beste synde jy in beheer van alles is. Dit is uniek, smaaklik en aanskoulik.
Dankie, Namibiërs, dat julle my bewus gemaak het van hierdie nederige maar opregte kookkuns. Dit is voorwaar ’n smaaklike en kleurvolle kultuur.
Om ’n maaltyd te maak uit ’n handvol bestanddele wat jy saamgedra het is een van die vreugdes van kampeer. Ten spyte van my gebrekkige kampeerondervinding sedert my aankoms in Namibië is die kosaspek vir my net so belangrik soos die perfekte ligging vir jou tent en die inrig van die kamp.
Ek moet egter eerlik wees, die voorbereiding van kampkos het my nog altyd ’n bietjie bang gemaak. Nie skrikwekkend in terme van die kos nie, maar as gevolg van my onvermoë om ’n paar basiese bestanddele in te pak. Ek is altyd in die versoeking om my hele kombuis in te pak, insluitend my yskas, my vrieskas, die kas vol droë bestanddele en natuurlik die speseryrak. Die maak van keuses is onmoontlik! Kampkos gaan oor verwagtings en goeie beplanning.
Dit gaan oor watter bestanddele om te kies, watter maaltye om voor te berei, die storing, die kookfasiliteite, die vereiste hoeveelheid plek wat natuurlik nooit beskikbaar is om alles vanaf jou huis tot die kampeerplek te vervoer nie. Dit gee my hoofpyne omdat ek eenvoudig nie kan kies, antisipeer of vasstel waarvoor ek alles sal lus kry nie.
Dit gaan oor die feit dat jy alles wat jy moet eet en drink moet saambring, wat nog te sê van die toebehore vir die voorbereiding en bediening van die kos. Dit gebeur natuurlik nadat jy die kuns bemeester het om jou voertuig te pak. Dit is ’n avontuur, selfs ’n uitdaging vir sommige van ons.
Maar op die ou end gebeur daar altyd iets wonderbaarlik wanneer jy kampeer wat roetinetake in prettige aktiwiteite verander, veral kosmaak. Ek glo daarin dat om ’n maaltyd voor te berei met net ’n klein bietjie meer as ’n vuur en ’n pan ’n baie bevredigende ondervinding en ’n fantastiese manier is om op jou vernuf en kundigheid staat te maak om jouself en jou geliefdes te voed.
Dit is wonderlik om elke maaltyd te skep, van warm drinksjokolade vir ontbyt tot skemerkelkie-snoeperye, om rondom die vuur met ’n yskoue bier of ’n glas wyn te sit - dit gaan om verskeidenheid. Alles kan op die vuur gaargemaak kan word. Na aanleiding van wat ek gesien, geruik en geproe het, en na aanleiding van al die kampeerdeskundiges en kosliefhebbers wat ek gedurende die afgelope paar jare ontmoet het, glo ek dat jy ten volle toegerus is om ’n groot kulinêre hoogtes te bereik met jou volgende kampkospogings.
Ek hoop julle het die vrymoedigheid om my uit te nooi, maar nie om enige kookkunsies of sjefsadvies uit te deel nie, maar liewer sodat julle my kan leer hoe om kampeer in ’n wonderlike eet- en samesynsgeleentheid te kan verander!
Bon appetit!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie