NMH sorg vir feesgenot
Kinders het hulle gister by Namibia Media Holdings (NMH) se partytjie by die iFun-pretpark gate uit geniet. Meer as 40 kinders wat deel is van die Amos Meerkat Projek se skole het in die pret gedeel. Volgens een van die onderwysers, mev. Eunice Iiyambo, was die kinders salig onbewus waarheen hulle op pad was en was hulle baie opgewonde. “Ons is so dankbaar, want die kinders geniet die geleentheid vreeslik,” het sy gesê. Op die foto (van links) is Sigrid Amushelo, Elisabeth Shivolo, Josephina Haikela en Junior Shifotoka, almal ses jaar oud en van die Etuhole pre-primêre skool en dagsorg in Havana. Foto Yochanaan Coetzee
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie