NNFU vra vir voerkrale
Behoefte bestaan landwyd
Die Namibiese Nasionale Boerevereniging (NNFU) het gesê ’n landwye behoefte aan meer voerkrale bestaan sodat omgesien kan word na boere wat dié diens benodig.
Die NNFU het hierdie beroep op die regering gedoen tydens ’n mediakonferensie aan die einde van ’n driedaagse nasionale kongres wat op Rundu gehou is. Die kongres wat deur die NNFU se streekleierskap bygewoon is, is vroeër hierdie maand op die dorp gehou.
Die organisasie verteenwoordig die belange van kommunale, kleinskaalse en bestaansboere in die land deur voorspraak te maak vir die ontwikkeling van beleide wat ten gunste is van boere, en deur die regering verantwoordelik te hou vir die implementering van regeringsbeleide.
Die NNFU se sekretaris me. Elina Kalundu, het gesê ten spyte daarvan dat dit op die regering se agenda is, beweeg die implementering van sekere inisiatiewe teen ’n slakkepas. Sy het gesê boere gaan letterlik doodgaan van die honger as gevolg van die ernstige droogte wat die land beleef.
“As voerkrale gebou word, dan moet die regering ook vir die plaaslike bemarking van vleisprodukte onderhandel. Mense moet aangemoedig word om plaaslik te koop sodat boere ’n inkomste daaruit kan genereer,” het sy gesê.
Kalundu het gesê Namibië moet ’n voerkraalstelsel ontwikkel ten einde vleis- en vleisprodukte te produseer vir plaaslike markte voordat dit uitgevoer word.
Sy het ook gekla dat boere in die noordelike gebied, veral die Zambezistreek, wat deur bek-en-klou-seer geraak is, nêrens het om hul beeste te verkoop nie, veral in die lig daarvan dat Meatco hul werksaamhede daar gestaak het.
“Daar is boere wat hul beeste in Junie vanjaar na Meatco op Katima Mulilo geneem het en dit is nou die vierde maand dat dié beeste in kwarantyn gehou word,” het sy gesê.
Kalundu het die regering gevra om sekere resolusies met onmiddellike effek uit te voer, soos om boere hul toelaes betyds te betaal, aangesien boere regtig swaar kry.
Op sy beurt het die NNFU se koördineerder vir lewende hawe, mnr. Jason Emvula, die regering bedank vir sy vinnige reaksie ten opsigte van die voorsiening van droogtehulp. Die N$300 miljoen se program wat deur die kantoor van die eerste minister bestuur word, is in Mei 2015 geïmplementeer. Boere ontvang mieliemeel en kan aansoek doen vir aansporingsmiddels vir diere wat tydens die droogte verkoop word.
“Ons bekla egter die slakkepas waarteen die droogtesubsidie uitgevoer word. Die tekort aan water is die grootste uitdaging wat boere in die gesig staar. Ons is baie bewus dat daar streke in ons land is wat in die afgelope twee jaar geen reën ontvang het nie,” het hy gesê.
Emvula het voorgestel die regering verleng waterpypleidings na plekke waar daar wel nog bietjie weiding is, damme bou, meer boorgate sink en dié wat nie werk nie, herstel.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie