Nobelprys-hoof bedank nu00e1 seksskandaal
Nobelprys-hoof bedank nu00e1 seksskandaal

Nobelprys-hoof bedank ná seksskandaal

Die hoof van die Sweedse Akademie, die liggaam wat die Nobelprys vir letterkunde toeken, het uit haar pos bedank in die nasleep van ’n skandaal oor seksuele mishandeling.

Die organisasie is gekritiseer vir die manier waarop hulle die ondersoek hanteer het ná beweerde seksuele wangedrag deur ’n man wat met een van hul lede getroud is, berig BBC News.

“Dit het die Nobelprys reeds wesentlik geraak en dit is ’n groot probleem,” het Sara Danius gesê toe sy haar bedanking aangekondig het.

Die beskuldigde het al die beweringe teen hom ontken en sê dat hy niks verkeerds gedoen het.

“Dit was die versoek van die Akademie dat ek my pos as permanente sekretaris moet ontruim,” het Danius Donderdag aan verslaggewers gesê.

Altesame 18 vroue wat in November verlede jaar deur die #MeToo-veldtog geïnspireer is, het met beweringe van seksuele aanranding en teistering teen Jean-Claude Arnault, die man van Katarina Frostenson, ’n lid van die Akademie, na vore gekom.

The New York Times berig dat Frostenson en Arnault ’n private kulturele klub genaamd The Forum bedryf. Dié klub het ook geld van die Akademie ontvang.

Die koerant berig dat Arnault daarvan beskuldig word dat hy die afgelope 20 jaar vroue by die klub en by ander eiendom wat aan die akademie behoort in Stockholm en Parys mishandel het.

Daar word ook beweer dat Arnault sedert 1996 sewe keer inligting oor die pryswenners van die Nobelprys laat uitlek het.

Frostenson het Donderdag onderneem om haar van die akademie se aktiwiteite te onttrek.

Die Sweedse polisie ondersoek die beweringe van seksuele aanranding en teistering. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!